Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 25: ‘We will rock you’ – Kwarantyn

Nuus
04 Julie 2020
Hier is hoe dag-25 verloop het.
We will rock you Kwarantyn

In ons eerste peiling van die dag wou ons by julle weet wie, tussen Kel-cee en Caryn, volgens julle die dag af kan kry. En die uitslae was as volg:



Hoewel meeste van die Kwarantyners bietjie ingelê het op dié luilekker Saterdag, was Braam egter vroegoggend op en wakker. Hy was besig om die danspatroon vir die Kwarantyn-dans te oefen voor die geskeduleerde video-opname van dié dansie later die dag – en wat 'n komiese oomblik was dit nie! Kyk saam met ons terug.

KYK OOK: DANS SAAM MET DIE LE ROUX’S

Vir hulle daaglikse dosis oefening, was die families verras met ’n oefenklas van ’n ander soort. Die opsigter het vir hulle ’n video aanmekaar gesit met van hulle beste oefeninge. Die oefenklas was daarvolgens gelei. 

Later was dit tyd vir koskenades, en soos oudergewoonte was Saterdag, braaidag. Vir dag-25 moes ons families boereworsrolletjies, pap en sous maak. Die kinkel in die kabel was dat die wors eers gestop moes word. Op die spel was 1000-punte, en dit was die Le Rouxs wat aangewys was as bobaas-worsmakers.


Was die Scheepers-familie se wors bietjie te geurig vir ons opsigter?

Dit was tyd om aan tafel te sit, en vir die eerste keer het die twee families saam in die gazebo aangesit vir 'n heerlike middagete saam. Kyk hier na die gesprekke wat gevoer was. 

In ons tweede peiling vir die dag het ons die volgende vraag gerig aan ons kykers:

Vir speletjiesaand, was dit weer tyd vir Kwarantyn-karaoke. Elke huis het reeds tydens dag-24 die opdrag vanaf die Opsigter ontvang om drie liedjies voor te berei. Ter viering van die Amerikaanse-vakansiedag Independence Day op 4 Julie, was vandeesweek se genre Amerikaanse rock-musiek. Dus moes ons twee huise drie rock-treffers voorberei ter waarde van 3000 punte. Kyk hier hoe berei hulle voor.

KYK OOK: ROCK-MUSIEK IN DIE GAZEBO VANAAND

Hoewel Austin se weergawe van "Purple Rain" die opsigter beïndruk het, het hy gesê dat hy spesifiek op soek was na rock-treffers vanuit die boonste rakke. En die span wat, volgens die opsigter, vandeesweek beter gevaar het in Kwarantyn-karaoke, en dus 3 000 punte ryker is, is die Le Roux-familie. 

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.