Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 23: Liplek-lekker en trots Suid-Afrikaans – Kwarantyn

Nuus
02 Julie 2020
Die spanne het met vanaand se koskenades lekker bobotie gemaak, en dit het ons opslag lus gemaak vir nog lekker trots Suid-Afrikaanse geregte.
vetkoek article (3)

As julle monde nie vanaand in die koskenades uitdaging gewater het nie, het julle heel waarskynlik na die verkeerde program gekyk. 

Albei spanne het trots Suid-Afrikaanse bobotie gemaak vir aandete en die eindresultate het lekker genoeg gelyk om van die skerm af te lek. 

Dit het ons so honger gemaak, dat ons besluit het om bietjie dieper te kyk na ander trots Suid-Afrikaanse geregte. 

Bobotie

Die oorsprong van die woord bobotie is nie heeltemal bekend nie. Die Afrikaanse etimologiese woordeboek beweer dat die waarskynlike oorsprong van die Maleisiese woord 'boemboe', wat kerrie-speserye beteken, afgestam. Ander meen dat dit afkomstig is van 'bobotok', 'n Indonesiese gereg wat uit heeltemal verskillende bestanddele bestaan. 

Reuben Riffel, een van Suid-Afrika se mees bekroonde kokke, meen dat die transformasie van die gereg van bobotok na bobotie nie gedokumenteer is nie, en dat bobotie onstaan het toe slawe uit die streek op Sondae gebraaide vleis sou eet, en die volgende dag, die oorblyfsels gemeng het met speserye, insluitend lourierblare en soms vrugte soos rosyne. 

Vetkoek

Hierdie tradisionele Suid-Afrikaanse gebakde deegbroodjies is so eg aan ons land soos Tafelberg en die Kruger Wildtuin. Soortgelyk aan die Karibiese Johnny-koek, die Nederlandse oliebol en die Mexikaanse sopaipillas

Vetkoek word ook Amagwinya genoem en word meestal bedien met 'n lekker sappige maalvleis-vulsel. Maar vir die soettand is daar niks beter as 'n smeertjie appelkooskonfyt met gerasperde kaas nie. 

Boerewors

Het julle geweet dat boerewors so geliefd is in Suid-Afrika dat wetgewers 'n wet opgestel het om dit te beskerm? Enige produkte wat onder die naam "boerewors" verkoop word, moet voldoen aan die regulasies soos uiteengesit in die Goewermentskennisgewing R.2718 van November 1990. Lees dit hier.

Op 3 Mei 2014 is die Guiness-wêreldrekord in Suid-Afrika gebreek vir die langste boerewors wat gebraai was. Die stuk boerewors was 'n ongelooflike 514.5m lank en het 420kg geweeg. Dit het 40 mense gevat om hierdie stuk wors op die braai te kry vir die wêreldrekordpoging. Die vorige rekord het gestaan op 321m. 

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en vertel vir ons van julle gunsteling Suid-Afrikaanse geregte. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.