Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 22: Die skrif op die muur - Kwarantyn

Nuus
01 Julie 2020
Graffiti maak strate die nuwe kuns gallerye.
Pool cover (1)

Graffiti word nie meer as 'n vorm van beskadiging beskou nie. Sommige van die groot stede in die wêreld spog nou met ongelooflike kunswerke, en kunstenaars soos Banksy het baie gewild geraak met mense wat tot die uiterste gaan om sy werk te steel. 

Graffiti wissel van eenvoudige woorde tot uitgebreide skilderye en kan selfs opgespoor word in antieke Romeinse en Griekse ruïnes. 

'n Paar jaar gelede sou jy graffiti sien en onmiddelik dink dat dit 'n bende of 'n groep misdaigers was wat hul grondgebied gemerk het. Nou is dit 'n uitrukking van kuns en dikwels 'n huldeblyk aan iemand van betekenis. 

Sommige kunstenaars gebruik slegs buitemure as hul oppervlak van keuse en word deur groot ondernemings en kliënte genader om hulle geboue te versier. 

Die grootste graffiti-stuk wat aangeteken is, is op 'n verlate landingstrook in die Mojave-woestyn in Kalifornië in die VSA. Die kunstenaar het die woorde "THIS LAND WAS OUR LAND" op die landingstrook geverf. Die stuk het oor byna 800m gestrek en het 950 liter verf gevat om te voltooi. Dit is ongelukkig sedertdien verwyder. 

Hier is 'n paar graffiti-kunstenaars wat u op Instagram kan volg vir 'n dosis inspirasie. 

Falko Fantastic 

Skumbuzo Vabaza

Graffiti South Africa

Cape Town Street Art

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en wys vir ons julle nuutste verf projekte in en om die huis. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.