Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 22: Bak en berou – Kwarantyn

Nuus
01 Julie 2020
Bak wenke vir selfs die bangste beginner.
bak cover

Ons spanne was woes besig in die huis vandag met die koekversier-uitdaging. 

Daar was 'n paar baie interessante tegnieke toegepas, party meer omstrede as ander. 

Vir die onervare bakker kan die taak baie uitdagend wees. 

Hier is ons top-3 wenke wat julle kan gebruik om julle volgende bak 'n reuse sukses te maak: 

1. Hou alles kamertemperatuur.

Botter en melk se konsekwentheid verander heeltemal as mens dit koud in 'n koek mengsel gebruik. Deur dit kamertemperatuur te hou, kan jy onnodige klonte vermy en seker maak dat die koek lekker sag en vol rys.

2. Sif altyd al die droë bestanddele. 

Droê bestanddele soos meel, bakpoeier, sout, suiker en kakaopoeier moet altyd gesif word. Selfs al vra die resep nie daarvoor nie. Deur dit te sif, maak jy die bestanddele ligter wat dit makliker maak om in die beslag of in die deeg te meng. 

3. Versagte botter. 

Harde botter is veels te moeilik om met jou bestanddele te meng, en daarom vra baie resepte vir versagte botter. Dit is nogsteeds 'n soliede stof, maar dit is sag genoeg om uitmekaar te breek en in te meng. As jy jou botter moet versag kan jy dit ongeveer 15 sekondes in die mikrogolf sit. Pasop net vir gesmelte botter, dit verander die konsekwentheid te veel en kan 'n impak op jou beslag hê. 

Gallery

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en deel van julle bak wenke met ons. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word