Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 21: Skoonsus verras vir Lisa – Kwarantyn

Nuus
30 Junie 2020
Zaria, Adriaan se suster, het onverwags tydens Lisa se 26ste verjaarsdag ingeloer by die Le Roux’s.
Skoonsus

Hoewel sy en die familie geskei was deur ’n venster, kon sy darm die geleentheid kry om dié spesiale dag saam met haar toekomende skoonsus te vier, en boonop vir haar ’n geskenkie gee.

Ons het met haar verder geklets toe sy uit die huis uit kom.

LEES OOK: ONS TOP-6 ‘LOCKDOWN’-VERJAARSDAE

Wat maak Lisa so spesiaal vir jou?
"Ek dink enigiemand wat haar ontmoet, of dit nou vir die eertste keer is of nie, sal vind sy is altyd vriendelik. Niks kan haar óóit onder kry nie. Selfs al is daar mense wat nie van haar hou nie. Sy gee nie regtig om nie."


Lisa en Zaria geniet ’n kuiertjie saam voor inperking

Wat is jou wens aan Lisa?
"Ek wou dit vir haar gesê het, maar tyd het ons ingehaal ... Ek sal dit beskryf soos ’n kar: Die Le Roux-karretjie. Dié karretjie ry lekker. Lekker musiek speel in die karretjie, en almal klets lekker met mekaar in die karretjie. En ewe skielik is daar ’n speedbump waarvan niemand geweet het nie, en hulle tref hom volspoed ... Die ding van dié karretjie is egter, al kruip hy verder, hy gaan die eindpaal uiteindelik bereik. Sy moet net haarself wees. Die mense love haar nes sy is."

Hoekom dink jy pas Lisa by jou broer?
"Ek en sy is baie dieselfde: Ewe laf en ewe besig. Ek en my broer het saam groot geword. Ek het baie saam met hom en sy vriende gespeel. Wat ek verseker van Lisa kan sê is sy hou hom op sy tone. Sy is wakker. Sy is besig. Sy is altyd excited, maak nie saak wat nie."



En wat het Lisa by jou gekry vir haar verjaarsdag?
"Ek het vir haar hemde ontwerp. Die een sê “Le Roux since 1994” en die ander een “Briel-approved…”. Ek het vir haar braaisocks gegee, want daai familie love braai!"

Deel jou verjaarsdag-wense met haar op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerk #Kwarantyn te gebruik.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.