Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 20: Ons gunsteling Madiba standbeelde oor die wêreld – Kwarantyn

Nuus
29 Junie 2020
Van borsbeelde na standbeelde. Ons het na vanmiddag se groepstaak gaan kyk na 'n paar kenmerkende standbeelde van Nelson Mandela regoor die wêreld.
Madiba header

Vandag was die spanne getaak met borsbeelde maak van ons liewe Madiba, en ons was baie beïndruk met die eindresultate. 

Daar is so baie asemrowende beelde van Nelson Mandela regoor die wêreld, met die een meer indrukwekkend as die ander. 

Hier is 'n paar van ons gunsteling beelde en waar hulle staan. 

Die SA-ambassade in Washington, VSA.

Hierdie nege-voet standbeeld was onthul met die opening van die nuwe ambassade in September van 2013. 

Naval Hill, Bloemfontein

Tot die onthulling van die standbeeld by die Uniegebou in Pretoria in 2013, was hierdie die hoogste standbeel wat gemaak is ter ere van hierdie wêreldikoon. Die standbeeld by die Uniegebou is slegs 1 meter langer as hierdie een op Naval Hill. 

Parlementsplein, Londen

In 2004 het die burgermeester van Londen in die openbaar sy steun belowe vir die standbeeld en gesê dat hy op die plein sal verskyn ter viering van die demokrasie in Suid-Afrika. Die standbeeld is in 2007 op die Parlementsplein langs ander prominente figure soos Abraham Lincoln en Winston Churchill gevestig. 

Uniegebou, Pretoria

Die hoogste en waarskynlik die mees beroemde standbeeld van Nelson Rolihlahla Mandela staan trots voor die Uniegebou in Pretoria. Hierdie standbeeld wat 9 meter hoog staan was op Versoeningsdag in 2013 onthul. Het julle geweet dat hierdie ongelooflike standbeeld 3.5 ton weeg? 

Met soveel wonderlike herinneringe van wat 'n inspirasie Nelson Mandela vir ons was, is dit moeilik om nie elke dag sy waardes saam met ons te dra nie. 

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en vertel vir ons watter een van die standbeelde julle al in persoon gesien het.  

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.