Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 20: Lag saam, kuier saam, pool saam - Kwarantyn

Nuus
29 Junie 2020
Die bure begin nou baie lekker saam kuier en vir die tweede aand in 'n ry word daar om die snoekertafel geklets, gelag en gesing.
Pool cover

Dit is dag-20 van die program en ons is ongelooflik bly om die vriendskappe tussen ons twee spanne te sien blom. 

#SpanLeRoux en #SpanScheepers geniet die tweede agtereenvolgende aand langs die snoekertafel met lekker stories en baie lag. 

Wanneer iemand in isolasie geplaas word met net 'n handjie-vol ander mense, sal daar heel moontlik vriendskappe gevorm word, maar teen die koers wat hierdie vriendskappe ontwikkel, is ons baie seker dat hierdie twee spanne hier sal vetrek as een groot familie. 

Sommige spanlede bly vir die geselskap, terwyl ander soos Austin en Adriaan die spel baie ernstig opneem, en vir ons soos die huidige kampioene van die individuele huise lyk. 

Ons kan nie wag om te sien wat hierdie klomp nog langs daardie snoekertafel gaan aanvang en oor gesels nie. 

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en vertel vir ons of julle so goed oor die weg kom met julle bure. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.