Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 20: Bly warm met ‘n SA doepa – Kwarantyn

Nuus
29 Junie 2020
Ja boeretroos is lekker, maar Suid-Afrikaners (sowel as #SpanScheepers en #SpanLeRoux) hou ook van rooibostee - met goeie rede.
Rooibos Tea  header 752x401

Rooibostee is so Suid-Afrikaans soos ‘n bottel blatjang in die spens en ‘n wildsvleispastei in die vrieskas.

Op dag-10 toe Manie en Lisa van #SpanLeRoux oorgestap het na #SpanScheepers om te vra vir koffie, was een van die uitruil maatreëls dat #SpanLeRoux ‘n paar rooibosteesakkies hulle kant toe stuur.

Sedertdien teug albei spanne heerlik aan dié eg Suid-Afrikaanse tee.

Vir meer as 100-jaar word rooibostee gebruik teen verkoues en griep. Dit is ‘n wonderkos wat die immuunstelsel help veg teen baie virusse.

Hier is al die maniere hoe rooibostee jou kan help die winter:

  • Een van die belangrikste funksies van rooibostee is dat dit help om jou liggaam te bevog. Anders as tee (en koffie) wat kafeïene bevat, wat die liggaam se vloeistowwe uitput omdat dit diureties is, doen rooibostee nie. Wanneer jy siek is, verloor jou liggaam meer vloeistowwe weens sweet, en jou metabolisme verhoog omdat jou liggaam se interne aktiwiteite verhoog. Rooibostee vul jou vloeistowwe aan omdat dit kafeïene-vry is.
  •  ‘n Seer keel en ander skete en pyne is ‘n teken van verkoue en griep. Rooibostee help om jou keel nat te hou, en verlaag inflamasie, wat jou keel en liggaam beter laat voel.
  • Rooibos kalmeer jou! Dit beteken dat dit help met stres en om te slaap, albei noodsaaklik as jy siek is, of net in jou dag tot dag bestaan.

Adele du Toit, woordvoerder van die Rooibos Raad van Suid-Afrika, meen as jy ‘n natuurlike manier soek om verkoues en griep te fnuik is dit rooibostee.

“Dis gepak met polyphenols en mikrovoedingstowwe en antioksidante. Polyphenols prooi op vrye radikale wat by-produkte van menslike metabolisme is, en wat inflamasie veroorsaak. Aspalatin is ‘n unieke antioksidant wat slegs in rooibostee voorkom en help ook teen verskeie siektes sowel as suikersiekte."

Gedurene Koronavirus is dit ewe belangrik om weer noukeurig na rooibostee te kyk.

Volgens die Univerisiteit van Columbia in die VSA, stel die Koronavirus gevaar aan mense wat aan hipertensie ly, omdat die respiratoriesestelsel meer stres op die hart plaas.

Suid-Afrika het die meeste gevalle van hipertensie op die aardbol, so dit kan baie gevare inhou.

Du Toit deel dat rooibostee ook dan ingespan kan word vir persoonlike gesondheid.

“Rooibos is bekend vir sy dinamiese antioksidante, en 59 is al bekend.” 

Studies in mense en rotte het die volgende gevind;

  • Antioksidante veg teen sel skade
  • Dit versker anti-inflamasie
  • Dit verlaag bloedkolesterol tot 10%, en help met die skep van goeie kolestrol in die are.
  • Dit beveg kroniese angs en stres.

"Rooibostee help jou om gesond te bly deur die dag," verduidelik Du Toit.

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en deel bietjie van julle babbelas raad met ons. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.