Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 2: Monsters in die donker – Kwarantyn

Nuus
12 Junie 2020
O jitte!! Amper skrik ons onsself in ‘n ander bloedgroep in...
Monsters Article

Ons is seker daarvan dat die ‘n oomblik is wat #SpanScheepers nog vir ‘n lang tyd sal kan onthou! En dit nog so vroeg in die reeks...

 

Maar, wat ons graag sal wil weet, is hoekom #SpanLeRoux besluit het om #SpanScheepers ‘n poets te bak?

 

Is dit omdat die kykers besluit het dat net #SpanScheepers gisteraand kon nagereg kry? Was dit wraak omdat #SpanLeRoux dalk ook lus was vir ‘n soetigheidjie na aandete?

 

Hoe oulik was dit nie toe #SpanScheepers die kykers bedank het vir hulle nagereg nie?

 

Alhoewel ons seker nooit sal weet hoekom hulle besluit het om #SpanScheepers die skrik op die lyf te jaag nie; keer dit ons nie om wel saam te lag (of om saam te skrik nie!).

 

Beleef weer die oomblik:

 

 

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ‘n verkorte weergawe uit op kykNET kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00. Jy kan saam gesels deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik op Facebook, Instagram en Twitter.