Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 19: Breek die babbelas - Kwarantyn

Nuus
28 Junie 2020
Daar was 'n klomp moeë gesiggies in die huis vanoggend na die spanne gisteraand 'n paar (te veel) alkoholiese versnapperinge geniet het.
 DIE VODKA WAS NOGAL LEKKER

Ons almal hou van 'n lekker glasie wyn of selfs 'n slukkie of drie karate-water, maar die babbelas wat saam met hierdie slukkies kom is soms genoeg om selfs die grootste ou te laat voel soos 'n kakkerlak. 

Nadat van ons spanmaats gisteraand 'n bietjie oor-bedien was, het ons dit goed gedink om 'n paar boererate vir babbelasbeheer met julle te deel:

Berei jouself voor vir 'n groot aand.

Maak seker jy drink genoeg water deur die dag as jy weet dat daar 'n gedrinkery kom later die aand. 

Eet 'n stewige ontbyt die volgende dag.

Lae bloedsuiker is nie een van die oorsake van 'n babbelas nie, maar is verseker deel van die uitkoms van te veel alkohol gebruik. 'n Lekker groot ontbyt sal jou lyf help om jou bloedsuiker vlakke te reguleer en jou vinniger weer op die been te kry. 

Slaap hom af. 

Jy het jou lyf deur baie gesit met jou kaskenades. Die min of swak slaap wat gewoonlik gebeur terwyl jy onder die invloed is, eskaleer net jou babbelas simptome die volgende oggend. Kry baie rus en gee jou lyf kans om natuurlik weer te herstel. 

Drink BAIE water.

Een van alkohol se newe-effekte, behalwe vir die feit dat dit jou 'n beter danser maak, is dehidrasie. Het jy geweet dat alkohol 'n diuretiese effek op 'n mens se lyf het? Dit beteken dat dit die produksie van urine verhoog, wat lei tot 'n velies van vloeistowwe en elektroliete wat nodig is vir normale funksionering. Drink lekker baie water om seker te maak dat jou lyf al hierdie vloeistowwe terug kry. Om die effek hiervan te verhoog, voeg 'n pakkie elektrolietmengsel by die water. 

Piesang Smoothie

Probeer gerus hierdie wenresep wat gepak is met proteïne, gesonde vette, elektroliete, fruktose en glukose om die alkohol te help verwerk. Kombineer klapper-water met piesang, vars gemmer, heuning, amandels of neutebotter en rou kakaopoeier in 'n heerlike smoothie

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en deel bietjie van julle babbelas raad met ons. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.