Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 18: Ons gaan NOU braai – Kwarantyn

Nuus
27 Junie 2020
Die opsigter het vanoggend vir beide huise aangekondig dat hierdie 'n steak Saterdag gaan wees.
Untitled design

Ons monde water met al die lekker steak op die skerm vandag. 

Die spanne is beide besig in die kombuis met verskeie snitte van top-gehalte vleis in vandag se groepstaak. 

Elke gesin het sy eie maniere en wenke vir die perfekte braai. Sommige families glo dat die vleis net 'n knypie sout en peper nodig het, waar ander 'n spesiale geheime konkoksie meng. 

Ons het gaan loer na 'n paar wenke wat julle volgende braai in 'n Michelin-stêr affêre kan verander. 

1. Braai jou wors altyd laaste. 

2. Druk 'n bietjie suurlemoen sap oor jou skaap tjoppies.

3. Marineer jou vleis die aand voor die tyd. 

4. Gebruik 'n Roosmaryn stokkie om die vleis te marineer terwyl dit op die kole is. 

5. Rus die vleis in foelie om die hitte te behou.

6. Probeer gerus 'n romerige Griekse slaai-sous vir 'n lamsvleis marinade.

7. Moet nie 'n vurk gebruik om jou vleis om te draai nie. Gebruik liewer 'n tang wat nie die vleis stukkend steek nie. 

8. Gebruik 'n halwe suurlemoen om jou braai rooster skoon te maak. 

9. Draai jou groente toe in foelie en sit dit binne in die kole terwyl die vleis braai.

10. Passop vir jou vleis te veel draai. 

Deel jou braai wenke met ons op sosiale media. Ons hoor graag wat julle als langs die braai-vure aanvang. 

Bly ingeskakel op kanaal 149 vir al die drama en aksie wat nog voorlê en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers