Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 18: Nie almal is oggend mense nie - Kwarantyn

Nuus
27 Junie 2020
Nie almal ontdooi so vinnig soos ander nie, maar dit was Austin en Manie wat vandag vroeg al skerp en vol energie was.
Untitled design (7)

Nie almal is so vroeg in die dag al op en wakker nie. Sommige mense vat 'n rukkie langer om te ontdooi, en het gewoonlik 'n hupstoot van 'n koppie koffie nodig. 

Ons het vanoggend gesien dat Austin nie een van daardie mense is nie. Terwyl die res van #SpanScheepers nog besig was om die dag behoorlik te groet, het hy soos 'n vuurpyl opgespring en met wilde entoesiasme die temalied se dans gedoen. 

Wetenskaplikes het gevind dat dit byna 30 minute vat vir jou brein om 'wakker' te word nadat jy geslaap het. 

Hier is 'n paar wenke vir jou om hierdie proses aan te help in die oggend:

1. Drink water

Het jy geweet dat die selle in jou brein meestal water is? Amper 73% van jou 'dinkboks' is saamgestel uit water en dus het dit water nodig om behoorlik te funksioneer. Drink 'n lekker lang glas water in die oggend om die brein aan die gang te kry. 

2. Luister 'n lekker vinnige liedjie 

Breingolwe sinchroniseer met die tempo van die musiek wat ons luister en help die brein om in 'n meer aktiewe ritme in te kom. Die genre van die musiek maak gelukkig nie hier saak nie, so jy kan enige iets van Rimsky-Korsakov se Flight of the Bumblebee tot Rooi Rok Bokkie kies om mee wakker te word.

3. Maak die gordyne oop

Lig speel 'n baie belangrike rol as dit kom by jou brein se aktiwiteit. As dit jou oë tref, stimuleer dit 'n senuweepad van die retina af na die hipotalamus toe. Natuurlike lig is ideaal, maar omdat sonsopkoms nie altyd ooreenstem met ons alarm tye nie, stel ons voor julle sit onmiddelik 'n lig aan as julle wakker word. 

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en vertel vir ons hoe julle wakker word in die oggend. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.