Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 18: Hou jou eie karaoke-aand – Kwarantyn

Nuus
27 Junie 2020
Jaloers dat #SpanScheepers en #SpanleRoux’s sulke lekker ‘shows’ kan opsit gedurende inperking? Jy kan ook maklik – met verbeelding en ‘n Toep of twee.
GettyImages 1246882478

As jy wil litte losmaak en sing, is karaoke amper altyd die antwoord. En as jy dit met almal wil deel, te danke aan tegnologie, kan jy maklik jou eie Kwarantyn-karaoke hou.

Nuwe toepe soos TikTok kan juis ingespan word vir sulke pret, maak nie saak waar die res van jou familie is nie.

Nou, meer as ooit, draai families na internetplatforms om hulself the vermaak, en verbinding met mekaar te hou.

Toepe gee families baie nuwe manière om sin te maak van verbinding. Wat dit nog lekkerder maak, jy kan dit maklik opstel. Behalwe dat dit verseker dat jy veilig by die huis bly, beteken dit ook dat jy veilige vermaak vir die hele familie kan skep.

Laasmaand het TikTok 'Family Pairing' bekendgestel, wat toelaat dat ouers en tieners veiligheids-stellings maak wat meer mense toelaat om die sosiale media ervaring met meer te deel. Maar dit beteken dat die jongspan se rekeninge aan hul ouers s’n gekoppel is.

Wat behels dit?

  • Skerm-tyd bestuur: Family Pairings laat toe dat tye voor die skerms beheer kan word. Dit beteken ook jy kan tye skep vir toegang tot die toep.
  • Beperkde toegang: Hou ‘n lekker familie-aand, maar beheer wat jou kinders kan sien. So moenie te bang word dat hulle net Cardi B TikToks kan skep nie, hou die taal skoon.
  • Beheer boodskappe: Jy kan ‘n beperking stel aan wie boodskappe gestuur kan word.

Vir die perfekte familie-aand kan almal gelyktydig op TikTok vir mekaar videos maak, waar hulle hul gunsteling liedjies sing, en dit oor en weer stuur. Net soos #SpanScheepers en #SpanLeRoux kan almal hul verbeelding gebruik, kostuums skep en individuele musiek videos vervaardig. Julle kan punte uitdeel vir die mees beleefste vertoning, beste uitrusting en dalk die beste poging.

Hier is so paar Kawarantyn hoogtepunnte gedurende Die Opsigter se karaoke-aande:

AUSTIN SING ABBA

CARYN SING ALICIA KEYS

DIE LE ROUX'S BEPLAN 'N ABBA VERTONING

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter.  

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.