Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 17: Raad vir 'n stil naweek - Kwarantyn

Nuus
26 Junie 2020
Fliek en voor die kassie inskuif, dis wat baie oor die naweek doen. As jy raadop is oor wat om te kyk, #SpanScheepers en #SpanLeRoux deel hul gunsteling-vermaak opsies.
GettyImages 991486444

Was jy al ooit so uitgeput aan die einde van die week jy nie weet hoe om te ontspan nie? Wel #SpanScheepers en #SpanLeRoux het Vrydag begin sonder die gewone groepstake, en het toe maar net rustig in en om die huis gebly.

Maar ‘n vinnige oplossing is om ‘n fliek te kyk, of sommer jou gunsteling-program op televisie.

Onder ander omstandighede sou #SpanScheepers en #SpanLeRoux ook voor die kassie kon sit. Maar nou ja, in Kwarantyn het jy nie al die luukshede nie. Maar almal het darm ‘n gunsteling fliek. As jy raadop is oor wat om vanaand te kyk, lees hier wat almal se gunsteling fliek is vir 'n bietjie inspirasie.

SPAN SCHEEPERS

Avril

Die ma in die huis hou duidelik van romanse en tranetrekkers. Haar gunsteling flieks is Maid in Manhattan en The Impossible.

Austin

Jy sal seker nie verbaas wees om the hoor, musiek-films soos The Greatest Showman en A Star is Born is Austin se gunsteling nie. En al erken hy dat sport nie juis vir hom is nie, is een van sy TV-plesiertjies Getroud Met Rugby.

LEES: Die winter wind bring hope vermaak na die kassie

Caryn

Ons hoef nooit groot te word nie! En ‘n goeie fliek bewys dit keer op keer. En Caryn se fliek-keuses dra daai boodskap mooi oor. Haar gunsteling springmielie-worthy flieks is Cat in The Hat, White Chicks en Coraline.

Kel-Cee

As ‘n hubare jong vrou is The Proposal een van haar gunsteling flieks, en Idols SA is haar gunsteling program op die klein skerm. Met haar stem, is ons dan anders verwag?

Jade

Jade hou van rep-en-roer, so dit kom met geen verrassing dat haar gunsteling fliek Drumline is nie. Wie hou nie van ‘n lekker trom-“beat” nie?

Pamela

Ligte, kamera, aksie! Vir Pamela is dit aksieflieks wat haar hart vinniger laat klop. Haar gunsteling is die baie gewilde John Wick. Aitsa!

 

SPAN LE ROUX

Adriaan

Kom lag ‘n slag, vir Adriaan is ‘n fliek soos That’s My Boy die perfekte Vrydagaand vermaak. En die trend is nie oor nie, op tiewie hou hy van Hotel, en Jaap is sy uitskieter karakter.

Braam

As iemand van die ‘classics’ hou is dit Braam. Top Gun bly een van sy gunsteling flieks, terwyl hy graag saamlag met Molly en Wors en Wors en Ouboet as dit by sy TV-gewoontes kom.

Heinrich

Die jong man het plaas op die brein, want een van sy gunsteling flieks is Platteland, terwyl Boer Soek ‘n Vrou hom op die bank laat inskuif.

Lisa

Die sussie van die span se gunsteling fliek is 50 First Dates, en as jy in ag neem dat sy en haar verloofde mekaar weer van voor date in Kwarantyn, maak dit sin. Sy is ook mal oor die drama en intrige van Binnelanders.

LEES: Hoë bloeddruk: Jy kan dit beheer – Binnelanders

Manie

Hy is beslis Heinrich se neef! Die jongste Le Roux se gunsteling fliek is ook Platteland. En hy en Lisa hoef darm nie elke weeksaande 19:30 oor die afstandbeheer te baklei nie – hulle albei is mal oor Binnelanders.

Bly ingeskakel op kanaal 149 vir al die drama en aksie wat nog voorlê en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.