Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 16: ‘Craft’ deur die ‘lockdown’ – Kwarantyn

Nuus
25 Junie 2020
Raak kreatief tydens ‘lockdown’ met dié idees!
GettyImages 1204738256

Het vandag se magneet-taak jou lus gemaak om jou hande besig te kry? Ons het dan ’n oplossing vir jou! Daar is gelukkig baie ‘crafting’-metodes wat jy kan uitvoer by die huis. Hier is ’n paar idees om jou besig te hou tydens ‘lockdown’:

Gee jou ou meubels nuwe lewe!

‘Lockdown’ is die perfekte tyd om die ou meubels in jou huis op te kikker! ’n Goeie idee is om hout meubels heeltemal oor te verf en dan patrone daarop te verf met ander kleure. Wie weet, dalk is daar nog plek in jou lewe vir daardie tafeltjie of stoel waarvan jy vergeet het!

Stof jou breinaalde af

Dis winter en ons is by die huis. Stof jou breinaalde af en kyk wat jy uitgerig kry! Begin dalk met ’n serp en kyk daarna of jy ’n kombers of selfs ’n trui kan aanpak. Jy kan maklik patrone op Pinterest opspoor en video’s op YouTube kyk indien jy sukkel.

‘Collage art’

Indien jy lief is vir kunstig wees, is ‘collage art’ die beste manier om kreatief te wees terwyl jy by die huis is! Krap al die ou koerante en tydskrifte wat jy het uit en sny enige prentjies uit wat jou oog vang. Sit dan alles voor jou neer, pas verskeie prentjies bymekaar en kyk of jy jou eie kunsstuk kan maak!

Probeer ‘tie-dye’!

As jy ou hemde het wat rondlê en nie meer gedra word nie, is ‘tie-dye’ beslis ’n goeie opsie! Besluit op die kleure wat jy op jou hemp wil hê, lees hoe om dié ikoniese tegniek self toe te pas en kyk wat gebeur!

Raak kreatief met jou tuin

Ons besef tuinwerk word nie beskou as ‘crafting’ nie, maar die twee kan beslis gekombineer word om baie oulike idees uit te voer! Maak gebruik van items soos leë bottels, ‘jam jars’, hout, klippe en enigiets anders wat jy nie gebruik nie om kreatiewe maniere te vind om jou plantjies te hang of uit te stal. Onthou, die internet is altyd daar vir inspirasie!

Bly ingeskakel op kanaal 149 vir al die drama en aksie wat nog voorlê en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.