Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 15: Yoga, nie net 'n gestrekkery nie - Kwarantyn

Nuus
24 Junie 2020
Dit mag dalk lyk asof jy nie oefen met Yoga nie, maar hierdie stokoue roetine is eintlik baie goed vir jou.
Article header

Dag 15: Yoga, nie net 'n gestrekkery nie. - Kwarantyn

Die Scheepers gesin het hulle dag begin met ’n lekker oefensessie wat bestaan het van dans en Yoga.

Met alles wat ewe-skielik so mal is, is dit baie belangrik om na mens se geestesgesondheid te kyk. 

Yoga, of selfs Pilates is ’n wonderlike manier om nie net jou lyf in ’n goeie toestand te hou nie, maar ook jou brein rustig te maak. 

Yoga is meer as 5 000 jaar terug in Indië deur ’n groep priesters ontwerp. Daar is ou versamelinge van tekste ontdek wat liedjies, mantra’s en rituele bevat.

So oud soos wat die oefeninge self is, is die bewyse dat dit goed is vir jou. Daar is selfs mense wat Yoga beoefen met snaakse oefenmaats soos honde, katte en selfs varke. 

 

Daar is wetenskaplik bewys dat Yoga jou kan help met die volgenede: 

Verbeter buigsaamheid en balans.  

Baie mense voeg ’n goeie Yoga program by hulle huidige oefenroetine oor dit help met hierdie. Die rekbewegings hou die liggaam buigsaam en lig terwyl die asemhalingsoefeninge jou konsentrasie help.

Verbeter asemhaling as ’n geheel.

Deur die asemhalingsoefeninge, ook bekend as Pranayama, leer mens om meer bewus te wees van jou lyf en hoe dit funksioneer as gevolg van jou asemhaling. Die verbetering van asemhaling kan uithouvermoë help opbou, die werkverrigting optimaliseer en jou longe en hart gesond hou. 

Verminder spanning.

Yoga is bekend vir die vermoë om stres te verlig en ontspanning te bevorder. 

Daar is in studies getoon dat die afskeiding van kortisol, die primêre streshormoon, drasties verminder deur gereelde Yoga te doen. 

So rol maar daardie matjies uit en sit lekker rustige musiek op. Yoga is beslis ’n goeie stokperdjie om op te neem.

 

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter. Ons wil graag hoor hoe julle voel oor Yoga en of dit ’n gereelde deel form van julle oefeningsroetine. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.