Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 12: ’n Unieke Vadersdag – Kwarantyn

Nuus
21 Junie 2020
Hier is drie unieke idees vir Vadersdag!
GettyImages 1220417313

Dis nie altyd maklik om te besluit wat om vir jou pa te kry vir Vadersdag nie. Soms wil jy jou pa behoorlik bederf en nie net ’n geskenk koop nie. Jy oorweeg dit moontlik om vir jou pa ’n dag te gee wat hy nooit sal vergeet nie! Hier is ’n paar idees wat jy kan uitvoer:

‘Movie marathon’

  • Kry jou pa se gunsteling bank, skuif dit reg voor die TV in en maak dit selfs meer gemaklik sodat hy nie sal wil opstaan vir die hele dag nie!
  • Maak ’n lys van al jou pa se gunsteling flieks. As daar nie genoeg van die flieks op Netflix, Showmax of DStv Catch Up is nie kan jy altyd na jou naaste DVD winkel toe gaan. Dis dan jou werk om oor te skakel van die een fliek na die ander!
  • Maak seker dat al jou pa se gunsteling eetgoed in die huis is en sit alles netjies bymekaar sodat jou pa kan peusel soos dit hom pas.

Video boodskappe

  • Vra vir elke lid van jou gesin om ’n mooi boodskap voor te berei vir jou pa.
  • Maak dan ’n opname van elke lid van jou gesin terwyl hulle die boodskap lees voor die kamera. Jy kan moeite doen om elke familielid op te neem voor ’n mooi agtergrond. Jy kan vooraf gaan soek vir mooi plekke om hierdie te doen en jy probeer kreatief raak met die ‘frame’. Verbeel jou dat jy ’n filmregisseur is!
  • Sodra jy alles het wat jy benodig, moet jy die video’s aanmekaar heg. Jy kan navorsing doen en eenvoudige ‘apps’ soos InShot gebruik.
  • Jy kan die finale video dan op Vadersdag op jou pa se ‘wall post’ of die video vir hom persoonlik wys om die dag af te skop!

Eet soos ’n koning

  • Indien jou pa mal is oor goeie kos en reis kan jy in plaas van ’n groot maaltyd vir jou pa die wêreld laat proe!
  • Doen navorsing oor jou pa se gunsteling kossoorte en werk aan ’n spyskaart wat geure van regoor die wêreld bevat.
  • Hierdie geregte moet natuurlik klein wees, jy wil tog nie hê jou pa moet vol wees na die eerste dis nie!
  • Ontwerp ’n eenvoudige spyskaart wat jy die oggend van Vadersdag vir jou pa kan gee! Jy kan hier ook insluit hoe laat jou pa elkeen van die geregte kan kom eet en ook watter land hy elke keer gaan ‘besoek’. Jy kan Canva gebruik om hierdie spyskaart mooi te ontwerp.

Bly op hoogte met al die drama en vermaak van Kwarantyn deur ingeskakel te bly op kanaal 149 en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.