Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 11: Koskenades, dis ‘Moz’ lekker – Kwarantyn

Nuus
20 Junie 2020
Mosambiek is die inspirasie vir vandag se braai. Van garnale, rissie-hoender tot ‘n lekker kreef, vandag kon almal 'n bietjie uitspan, en die geur van Maputo se Marcado de Peire ervaar (veilig in Kwarantyn).
MiddageteDeel2 110

As jy nie geweet het dat die hele wêreld nog verskillende mates van inperking ervaar nie, sou jy maklik #SpanScheepers en #SpanLeRoux se kombuise vir ‘n Mosambiekse-strandhuis kon misgis op dag-11 van Kwarantyn.

Vet kreefsterte, reuse garnale, rissies, snoek en hoender is alles deel van 'n Maputo-vakansie, en Suid-Afrikaners gaan gereeld om hierdie lekker bestanddele vir goedkoop op te raap.

Toe die opsigter laat weet wat die koskenades-uitdaging is, het almal geweet hulle moet die sous dik aanmaak, en die beste vissie voor sit.

“Die sappigste stukkie eiland-kos kan julle vandag 2000-punte in die sak bring, so hierdie vissie is verseker sy sousie werd,” het die Opsigter laat weet.

En met 'n heel hoender, garnale, botter, kreef, snoek, Portugese-olyfolie, knoffel, gemmer, suurlemoene, suurlemoensap, rooirissies, rissievlokkies, pietersielie, kruie, rys, wortels, soetrissies en enigiets uit hulle eie spens, was hierdie dalk die geurigste uitdaging nog.

Maar, terwyl hulle die kos moes maak, het #SpanScheepers vir Max nóg beter leer ken toe hulle 15 minute gekry het om met 4our Paws te praat oor die knuffel. Hulle was nie skaam om te vra oor sy persoonlikheid, waar hy gered is, en om meer van die liefdadigheidsorganisasie 4our Paws te leer nie.

LEES: Die Scheepers kry twee gaste in een dag 

Max is toe al die tyd uit Randfontein gered, en het al klaar so bietjie opleiding gehad (dis hoekom hy sulke goeie maniere het). Die gesprek het natuurlik beteken daar word in #SpanScheepers se koskenades tyd geëet. Maar dit was beslis die moeite werd, want almal wou Max na die tyd net nog 'n harder drukkie gee, veral Jade en Kel-cee wie se hond tans by die huis wag.

Maar hulle het vinnig terug gekom, en kon al hul disse klaarmaak met so klein tydvergoeding ná die gesprek.

Middagete 60
MiddageteDeel2 30
MiddageteDeel2 110
MiddageteDeel2 80
MiddageteDeel2 20
Middagete 80
Gallery
Middagete 60

Albei families vind later uit wie se vis het vir hulle 2000-punte gevang. Maar een ding is verseker, almal was vandag deel van die "Eet kreef" leefstyl van Mosambiek.

Om alles af te sluit het die opsigter ook laat weet dat almal nagereg kry, 'n lekker verandering na #SpanScheepers in gisteraand se peiling nie nagereg ontvang het nie. Maar met ietsie soets het #SpanLeRoux vir iets bitter gaan vra, toe Manie en Lisa by #SpanScheepers gaan aanklop vir 'n tiekie koffie, in ruil vir nagereg natuurlik.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.
Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.