Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 10: Skaakmat – Kwarantyn

Nuus
19 Junie 2020
Dit is dag 10 vir #SpanScheepers en #SpanLeRoux in #Kwarantyn – en wat is dan ‘n beter manier om dit te vier as – skaak?
Chess Article Image

Weet jy meer as #SpanLeRoux en #SpanScheepers van skaak af? Kyk dié video en besluit vir jouself!

Na daardie potjie skaak, was ons skoon nuuskierig gewees om meer uit te vind van die ingewikkelde sport! Voordat jy dink skaak is maar ‘n vervelige sport, moet jy eers meer weet van dié historiese sport – dit is baie interessanter as wat jy dink!

Hier is ‘n paar interessante feite oor skaak:

  • Die langste wat ‘n wedstryd kan duur is ‘n verstommende 5, 949 skuiwe!
  • Die langste wedstryd wat al uit gedokumenteer is, het bestaan uit 269 skuiwe en het gelykop geëindig.
  • Die ‘Koning’ is dood – die term ‘skaakmat’ geniet sy oorsprong in Arabiese term ‘shah mat’ wat beteken dat die koning dood is.
  • Die persoon wat die langste die skaak wêreldkampioen was in skaak, Dr. Emanuel Lasker het koning gekraai vir amper 27 jaar!
  • Daar is oor die 318,979,564,000 moontlike skuiwe om ‘n potjie skaak te begin.
  • ‘n Ander naam vir Skaak in Engels is: “Game of Kings” omdat dit in die verlede net deur konings en adellikes gespeel is.

Ons vertrou dat dié paar brokkies inligting net so interessant vir julle was, soos wat dit vir ons was!

Onthou dat jy 24 uur per dag die wel en weë van #SpanScheepers en #SpanLeRoux kan volg op die splinternuwe opwipkanaal, DStv kanaal 149, sowel as deur die weeklikse episodes te kyk op kykNET DStv kanaal 144 en heerlik saam met ons te gesels deur die hutsmerke #SpanLeRoux, #SpanScheepers en #Kwarantyn te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.