Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 10: Hulle loer vir jou – Kwarantyn

Nuus
19 Junie 2020
Ons vind uit of die kameras ons families enigsins affekteer.
Hulle loer vir jou Kwarantyn

Kom weer en wind, lig of donker: In die Kwarantyn-huis rol die kameras áltyd: Vier-en-twintig uur per dag, sewe dae ’n week word die Le Roux's en die Scheeper-familie dopgehou. Het dit enigsins ’n inpak op ons huismaats? 

Volgens Braam raak dit ietwat vreemd wanneer hulle in die slaapkamer is. “Jana wou gisteraand die kameras toegooi met ’n handoek ... Dit was donker, en ek het gebloos [van die skaamte], en vir haar gesê om dit net te los,” vertel hy laggend. “Maar ek dink ons begin nou gewoond raak daaraan …”. Braam vertel dat hoewel hy soms vergeet van die kameras, daar oomblikke is wat dit steur. “Ek probeer die kameras vermy, maar elke nou en dan vang jou oog een en dan besef jy ewe skielik daar is ’n kamera …”.

Avril vertel dat sy af en toe heeltemal vergeet dat daar kameras in die huis is. “Die malligheid in die huis laat mens vinnig vergeet daarvan…”.

KYK OOK: AUNTIE EARLY BIRD

Vir Pam is dit egter soms nog bietjie vreemd. “Ek is stadig maar seker besig om gewoond te raak daaraan,” vertel sy. Sy sê soms moet sy ’n wag voor haar mond sit of mooi dink wat sy doen, omdat dit haar partykeer “ontgaan” dat die kameras op haar is. “Dit wil gedoen word, hoor,” vertel sy. 

KYK OOK: PAMELA SE EIE SHREK

En Jana het al aangepas. Volgens haar pla dit glad nie meer so erg soos aanvanklik nie. “Jy weet inelkgeval nie watter een neem jou op en watter een nie,” verduidelik sy. “Ek is wel meer bewus van wat ek sê; as ons, byvoorbeeld, by die etenstafel sit, dan is ek baie meer gesteld op wat ek sê".

“Hoe ek lyk is maar ’n geval van what you see is what you get,” sê sy. “Maar dit wat [jy] sê kan [jy] nie verander nie”.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.
Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.