Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 1: Beste dis voor – Kwarantyn

Nuus
11 Junie 2020
Wie dink jy gaan koning (of Kokkedoor kraai) in die kombuis tydens #Kwarantyn?
Beste dis voor article

Toe die opwipkanaal gisteraand 21:00 begin het met die regstreekse uitsending van #SpanLeRoux en #SpanScheepers, was hulle besig om aandete voor te berei. Alhoewel beide gesinne eers omtrent 23:00 geëet het, (’n bietjie laat vir dié Kwarantyn-kyker), het hulle kos baie lekker gelyk!

Die gedagte om vir nog twee maande lank in Kwarantyn te leef, kan vir sommiges soos ‘n straf voel, maar ons vermoed dat dié twee families maklik sal kan oorleef – veral as hulle lekker kos voorberei, wat jou steeds laat voel asof jy jouself bederf.

Daarom het ons ‘n paar resepte gaan identifiseer op kykNET se webtuiste om die twee families te inspireer om rond te speel in die kombuis.

Vir beide gesinne het ons die Lockdown Nachos- resep gaan kies van Tiaan Langenegger, vir vanselfsprekende redes. Wie hou dan nou nie van Nachos nie?

Omdat hoender gisteraand op die spyskaart was vir die gesinne, het ons gedink die ‘Een pan hoendergereg’ van #Tiaan Kook sal lekker wees – kliek hier om die resep ook te maak.

 

Ter oordeel aan die sap wat #SpanScheepers saam met hulle aandete gedrink het, vermoed ons dat hulle ‘n gesonde leefstyl handhaaf – daarom dink ons hulle moet een aand beslis die Oondgebakte botterskorsie-slaai maak wat gluten-vry is!

En ons laaste voorstel vir #SpanLeRoux sal wees om gerus die ‘Oorskiet bolognese pizza’ resep te probeer. Vir ons klink dit soos ‘n hemelse pizza!

Onthou dat jy die wel en weë van die twee families kan volg op kykNET se splinternuwe opwipkanaal, kanaal 149 en saam kan gesels op sosiale media deur die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers te gebruik op Facebook, Instagram en Twitter. Vir die hooftrekke van die dag, kan jy ook om 17:30 op kykNET kanaal 144 inskakel en moet beslis nie van die uur-lange episode elke Woensdagaand om 20:00 op kykNET vergeet nie!