Logo

Daar is baie “Op die Spel”

Nuus
20 Mei 2015
Op die Spel se doel is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar om in die proses algemene kennis, idiome en kreatiwiteit toets – alles in Afrikaans.
OpdieSpel

“Kies die regte een: onmidellik, onmiddellik of onmiddelik?”

“Wat is Nelson Mandela se tweede naam… en spel dit?”

“As Malema opstaan in die parlement, weet ons die _____ is in die vuur.”

Op die Spel se doel is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar om in die proses algemene kennis, idiome en kreatiwiteit toets – alles in Afrikaans.

Rian van Heerden, van JacarandaFM, is die aanbieder en waarborg humor, spitsvondige opmerkings en vermaak uit die boonste rakke.

Vir vier deelenemers is daar elke week sakke vol geld en baie prestige “op die spel” – en na 13 weke sal die algehele Op die Spel-kampioen gekroon word.

Inskrywings om deel te wees van hierdie opwindende speletjiesprogram op kykNET het reeds gesluit. Op die Spel begin op 14 Julie 2015 om 20:00.