Logo

Cordelia en Pieter Koen span kragte saam

Nuus
30 Julie 2016
Cordelia en Pieter Koen het pas die musiekvideo vir hul enkelsnit, “Spel van Liefde”, uitgereik. Kyk hier na die agter-die-skerms-foto’s en die video.
Spel van Liefde1
Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos “Mal in jou kop” en “Eerste Woorde”, het kragte saamgesnoer met die bekende sanger en televisie-aanbieder Pieter Koen (“Man van Staal” en “Wat die hart van vol is”) en het pas die musiekvideo vir hul enkelsnit, “Spel van Liefde”, uitgereik. Die liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd!

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor!

“My gunsteling-liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alles,” sê sy.

Die liedjie is geskryf en getoonset deur Vaughan en Nerine Gardiner en vervaardig en gemeng by Muse Studios deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.

Die video is vervaardig deur AVC Studios en Luther van der Watt het die regie behartig. Die foto’s op stel is deur Carike Nel geneem.



Pieter is net so opgewonde oor die liedjie sê dit was ’n groot pluimpie om deur Cordelia genader te word om ’n duet saam met haar op te neem. “Ek het nie twee keer gedink om betrokke te raak nie. Cordelia het al die elemente wat ’n kunstenaar nodig het om dit te maak; sy is gevestig in haarself as mens en weet hoe sy mense se harte wil bereik deur haar musiek. Ek glo die publiek gaan net so byval vind by die liedjie soos wat ek het. Ek wens Cordelia soveel sterkte toe met haar loopbaan!”

“Spel van Liefde” is beskikbaar op Cordelia se debuutalbum Breek die stilte en word versprei deur Real Music Distribution.

34 spel van liefde1

34 spel van liefde2

34 spel van liefde3

34 spel van liefde4

34 spel van liefde5

34 spel van liefde6

34 spel van liefde7

34 spel van liefde8

34 spel van liefde9

34 spel van liefde10

34 spel van liefde11

34 spel van liefde12

34 spel van liefde13

34 spel van liefde14

34 spel van liefde15

34 spel van liefde16

34 spel van liefde17

34 spel van liefde18

34 spel van liefde19

34 spel van liefde20

34 spel van liefde21

34 spel van liefde22

34 spel van liefde23

34 spel van liefde24

34 spel van liefde25

34 spel van liefde26

34 spel van liefde27