Logo

Classics is Groot kom in Julie

Nuus
01 Junie 2016
Classics is Groot, deur die vervaardigers van die Afrikaans is Groot-konsert, is ’n nuwe asemrowende musiekskouspel wat jy nie durf misloop nie.
Classics is Groot Poster

Patrizio Buane


Classics is Groot, deur die vervaardigers van die Afrikaans is Groot-konsert, is ’n nuwe asemrowende musiekskouspel wat jy nie durf misloop nie.

Dié konsert word op 30 Julie vir die eerste keer by die NG kerk Moreletapark se ouditorium in Pretoria gehou.

Dis veeltalig, kleurvol en ’n konsert-ondervinding wat van die grootste klassieke-, pop- en rockliedjies op ’n simfoniese-styl na kykers bring.

Met ’n uitgesoekte groep kunstenaars op die speellys, wat die Italiaanse hartebreker Patrizio Buanne, die kinderster Amira (wenner van Holland’s Got Talent) en van Suid-Afrika se grootste name soos Corlea, Jannie Moolman, Timothy Moloi, Lindiwe Bongani en Joseph Clark insluit, beloof Classics is Groot om ’n onvergeetlike musiekervaring te wees.

Musiek wat te hoor is sluit in dié van kunstenaars soos Freddie Mercury, ABBA, Tina Turner, Adele en Barbra Streisand, asook bekende klassieke liedjies soos “Nessum Dorma”, musiek uit die opera Nabucco en die immergewilde “Barcelona”.

Pryse wissel tussen R350 en R625, en kaartjies is beskikbaar by Ticketpro.