Logo

Clare en haar span help Esther feesvier – Mooimaak 3

Nuus
31 Desember 2020
Noudat Esther die sesde dekade van haar lewe betree het, kan sy haar kop omhoog hou en dit geniet!
Untitled design

Na ‘n jarelange ongelukkige huwelik het Esther sak en pak Kaapstad toe getrek met haar dogters. Sy kon ‘n nuwe lewe vestig, maar die stres van die voorafgaande jare het sy tol geëis aan haar voorkoms. Die saggeaarde Esther het tydens die eerste Covid-19- inperking haar 60ste verjaarsdag gevier. Alhoewel sy ‘n groot partytjie wou hou, was dit in die omstandighede nie moontlik nie. Met Checkers  se hulp kon Clare en haar span egter ‘n verrassings-verjaarsdagtee vir Esther reël om haar te bederf.

Esther se vel het tekens van ouderdom gewys en die span by Laserderm het gebruik gemaak van vullers om die volume van Esther se vel te herstel. Sy is ook op verskeie velsorgprodukte van Lamelle geplaas om die behandeling te ondersteun. Esther het verder gebruik gemaak van Lamelle se Helase 50+, ‘n vol-spektrum sonblokkeermiddel wat die skade en inflammasie van die vel, as gevolg van sonskade, beveg. Die aanlynwinkel, Dermastore, het gesorg vir velsorg-bederfgeskenkpakkies vir Esther regdeur haar Mooimaak reis.

Esther het by JJS Dentistry ekstraksies van wortelreste ontvang om haar tande weer gesond te kry. Haar glimlag is mooigemaak met Emax-veneers, ‘n brug en ‘n gedeeltelike nuwe gebit.

Noudat Esther die sesde dekade van haar lewe betree het, kan sy haar kop omhoog hou en dit geniet!

1608822160 56 screenshot 2020 12 15 at 3.49.02 pm

“Jare se hartseer het letsels gelaat, maar met my Mooimaak-reis het Claire en haar span my bygestaan en raad gegee om weer die wêreld in die oë te kan kyk en te weet dat alles "okei" gaan wees. Om my storie met almal te kon deel was vir my ‘n helingsproses en ek het weer lus geword om na myself om te sien en om gelukkig te wees.” – Esther Grobbelaar

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.