Logo

Christo Gerlach onverwags oorlede

Nuus
04 Augustus 2015
Die TV-regisseur, akteur en vervaardiger Christo Gerlach is vandag oorlede nadat hy ’n operasie vir ’n mantelvliesbreuk ondergaan het.
Christo Gerlach 2

Die TV-regisseur, akteur en vervaardiger Christo Gerlach (57) is vandag oorlede nadat hy ’n operasie vir ’n mantelvliesbreuk ondergaan het.

Gerlach, bekend vir sy rol in programme soos Glitterati en Tonge Los op kykNET is Sondag in die waakeenheid van ’n hospitaal in eMalahleni in Mpumalange opgeneem.

Boodskappe het Dinsdagoggend ingestroom nadat Gerlach onverwags oorlede is. Denver S. Vraagom het dié boodskap op Facebook gedeel:

“My director, my producer! But above all, my friend and confidante! You took me under your wing when I arrived [in Johannesburg}, for the second time. Who can ever forget the first season of Zing! On Kyknet and Mnet? You showed me the ropes of presenting and taught me how to enjoy myself and be myself in from of the camera. We shared a lot of special moments together! If I wasn’t comfortable with something, whether it be with myself or a part that I got asked to do, I could always just call you. Thank you for always being there. Always loved! Always respected! RIP dear Christo.”

Gerlach het in Vyfster en Sterretjie sowel as die dramas Die Handlanger en Piet-my-vrou gespeel. Hy was ook die vervaardiger van die eerste Idols-reeks en skrywer van die boek Agter die Skerms.