Logo
Projek Dina 2 – Slim
web uni tv guide

Projek Dina

144Drama16 VL

Cantona het groot planne vir die toekoms – Projek Dina

Nuus
15 Maart 2022
Skakel elke Dinsdagaand om 20:00 in vir #ProjekDina, nét op kykNET (DStv-kanaal 144).
Canton James – Projek Dina

Die talentvolle jong akteur Cantona James vertel van sy pad toe hier en hoe hy vir die rol van Faizel in die derde episode van Projek Dina voorberei het.

Kan jy die oomblik onthou toe jy besef het jy wil ’n akteur wees?
Die oomblik wat ek dit besef het, was ek in graad 10 toe ek ’n stuk vertel het van ’n jong gevangene in juvenile. Toe ek in daardie karakter se skoene geklim het, het ek besef ek vertel ’n groter storie, groter as my eie een, groter as iemand anders s’n. Ek kon vir hulle ’n stem gee want mense soos daardie word nie gehoor nie. Dit is hoe ek die power van acting besef het.

Hoe het jou pad tot nou geloop? Wat sien jy as jou grootste prestasie?
Ek het nie die maklikste pad toe hier gehad nie. Ek moes eerstens ’n beurs gekry het om drama by Universiteit van Stellenbosch te studeer en toe ek daar kom, moes ek nog struikelblokke oorkom soos om, soos ander studente, buite werk te doen. My eerste groot geleentheid was Arendsvlei en dit was twee maande voor graduation en ek moes my studies stop, maar terselfdertyd was daar ’n student in dieselfde jaar as ek wat ’n hele sitkom geskiet het. Maar ja. My grootste prestasie is dus dat ek die Fleur du Cap-toekenning as most promising student gewen het al was ek teen daardie tyd nie ’n graduate nie en uit die universiteit gesit. Die wen daar het vir my baie beteken. Al het ek hierheen gekom om my graad te kry en myself en my kuns te groei, het die Fleur du Cap vir my gesê dat ek raakgesien is. Dit was vir my ’n groot prestasie veral omdat ek nie my graad kon vang nie.

Hoe het jy voorberei vir jou rol in Projek Dina?
Omdat ek ’n method actor is, het ek myself gesien in ’n verhouding soos Faizel; ’n Christelike verhouding waar mense hulself vir mekaar spaar. Ek het videos gekyk oor geweld teen vroue in ons land en hoe dit is vir mans wat hulle vroue verloor vir wie hulle lief is.

Wat is jou planne vir die res van die jaar?
Behalwe Arendsvlei het ek ’n advertensie wat in April vrygestel word en is daar ’n kortfilm, Net Ons, by die Silwerskermfees wat volgende week plaasvind. Ek hoop vir nog geleenthede. Daar is ’n series waarvoor ek wag, maar ek kan nog nie daaroor praat nie.

Waar sien jy jouself oor tien jaar?
Ek sien myself as die eienaar van ’n produksiehuis en agentskap en as vervaardiger, regisseur en akteur. Ek beoog om baie geleenthede vir mense te skep waar daar nie geleenthede is nie; vir mense wat nie noodwendig die training gehad het nie. Ek beoog om ’n agentskap te begin vir mense wat sukkel om die fooie te betaal, wat sukkel om werk te kry, wat sukkel om training te kry. Ek beoog om ’n hele organisation te hê sodat ons mense nie te moet sukkel nie. Dit is waar ek myself sien. Director, producer, actor and business owner.

Skakel elke Dinsdagaand om 20:00 in vir #ProjekDina, nét op kykNET (DStv-kanaal 144).