Logo
kN Digital Banners Template Die Byl 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Die Byl

144Misdaad16 VL

Byl en die span is terug vir ’n vierde seisoen

Nuus
08 Desember 2021
Die Byl se vierde seisoen begin Sondag 16 Januarie 2022 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)
Die Byl – Season 4

Tien episodes van naelbyt-aksie is net die ding om die nuwe jaar af te skop. Die Byl se vierde seisoen begin Sondag 16 Januarie 2022 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en gaan beslis weer kykers laat raai, ril en gil.

Die seisoen word op ’n Sondagaand uitgesaai. Daar is tien dubbelepisodes, met ander woorde een ondersoek strek oor twee episodes. In elke dubbelepisode is daar ’n reeksmoordenaar op wie Byl en sy span se spoor is, maar daar is ’n deurlopende storielyn wat kykers vasgenael gaan hou: ’n psigopaat wat ‘n wye sirkel van invloedryke mense in sy sak het.

Waldemar Schultz is terug as Byl, Marvin-Lee Beukes is weer te sien as Juan Stuurman en Milan Murray is Nicki Swanepoel. Trudy van Rooy is Dr. Shani van Rooi, maar hierdie keer moet sy op haar eie klaar kom ná die dood van Dr. Fritz Barnard (Eric Nobbs). Kaptein Lena Evans (Lika Berning) is ook terug, maar in hierdie seisoen moet sy nie net fokus op haar werk nie, maar ook op haar familielewe.

Die veelsydige Suid-Afrikaanse akteur Sean Cameron Michael, wat al in internasionale reekse soos Black Sails en MacGyver te sien was, is te sien as Vermeer, die skurk van die seisoen. Frank Rautenbach en Amalia Uys is ook deel van die rolverdeling, maar waar hulle presies inpas, sal kykers moet wag en kyk.

Die regisseurs van die reeks is Leon Kruger en Liezl Spies. Hierdie was die laaste reeks wat Leon aan gewerk het voordat hy vroeër in 2021 oorlede is. Hy was ook die hoofskrywer. Van die ander akteurs wat in hierdie seisoen te sien is sluit in Ryno Hattingh, Elizabeth Archer, Gerben Kamper, Andhar Cotton en Chris van Niekerk.

Die Byl se vierde seisoen begin Sondag 16 Januarie 2022 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)