Logo

‘Buurtwag’: Oorlewing is ’n spansport

Nuus
24 Augustus 2015
Buurtwag, ’n nuwe Suid-Afrikaanse drama-komedie, begin op 30 September 2015 om 21:00 op kykNET.
Buurtwag Feature

Buurtwag, ’n nuwe Suid-Afrikaanse drama-komedie van 13 episodes, begin op 30 September 2015 om 21:00 op kykNET.

Buurtwag volg ’n jong paartjie, Johan en Yolanie Bester, wat kort nadat hulle weens veiligheidsredes Kaap toe trek op die harde manier leer dat die Kaap nie die res van die land se misdaad gespaar is nie.

Die Besters beland in die kloue van die hardkoppige Don Mostert en sy buurtwag – ’n spul effens-links-van-aweregse karakters.

Hulle gebruik die buurtwag om van die verveling van hul lewens in die voorstede te ontsnap en is ál te bly om nuwe bloed in die vorm van ’n jong Gautenger in hulle kaperjolle te betrek.

Die Besters word deel van ’n gemeenskap en leer dinge oor hulself wat hulle nooit andersins sou nie. Oorlewing is ’n spansport, en ’n flatscreen-TV teen die kop kan harsingskudding veroorsaak.

Kyk Buurtwag, Woensdae om 21:00 op kykNET.