Logo
Safari 4x4
web uni tv guide

Safari 4x4-Roetes

144LeefstylPG

BUITELEWE ENTOESIASTE – NEEM KENNIS!

Nuus
22 Januarie 2020
Gedurende die naweek van 14 tot 16 Februarie 2020 vind die 19de kykNET Buite Ekspo (In SA) plaas by Môreson plaas net 10 km buite Malmesbury langs die N7.
Buite Ekspo

In 2020 sal die uiters gewilde konsep 10 jaar oud wees. Met die laaste geleentheid het net meer as 20 000 besoekers dit bygewoon, wat dit die grootste ekspo van sy soort maak in die Wes-Kaap en die organiseerders se stoutste verwagtinge oortref het! Vanweë die sukses van die konsep spog die ekspo ook met baie prominente senior mediavennote,  senior borge en diensverskaffers waarsonder hierdie ekspo nie moontlik sou gewees het nie.

Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoekers te bied. Uitstallers bly dan ook die heel naweek op hulle uitstal terreine en rig hulleself so in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer sou hulle dit aanskaf en self gebruik. Alle uitstal-areas het maklike toegang tot krag, water en badkamer fasiliteite.

Tesame met die uitstallings word daar ook lekker pret aktiwiteite aangebied vir die hele gesin – André de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied gratis Amarok 4x4 hindernis ritte aan; dan is daar veld motorfietse- en ‘quad’- fiets vertonings en ritte asook helikopter ritte om maar ’n paar te noem. Ons vier ons 10de verjaarsdag so maak ook seker om nie die kykNET Buite Ekspo Verjaarsdag ‘Jol’ aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces met kykNET sepie sterre van Suidooster en Arendsvlei te mis nie.  Chef Tommy (Vaatjie van Toks & Tjops) sal ook daar wees en die MC vir hierdie partytjie geleentheid is die bekende Hamilton Wessels.

Daar word ook weer die jaar gespog met ’n kunsmark wat beloof om baie interessant te wees. Ondersteun ook die splinternuwe Swartland Wyntuin met van die lekkerste wyne en heerlike eetgoed beskikbaar.

Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat hulle gaan honger of dors raak nie, want daar is hierdie jaar selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ’n Castle Light kroeg en biertuin en ’n baie gewilde ‘slush’ tuin om almal se dors te les. Die kykNET Buite Ekspo is nie ’n musiekfees nie, maar daar kan uigesien word na ’n paar uitstekende Hankook kunstenaars: Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Pieter Smith, Joe F, Cheree, Wicus van der Merwe, Megan Danner van Maak my Famous, Wynand Windpomp, Sam en Calla en Melo3 – SA se splinternuwe ‘girl band’ wat die publiek sal vermaak as een van die aktiwiteite by ons kykNET hoofarena terwyl daar lekker afgekoel en gekuier word nadat ons uitstallers besoek is.

Bring gerus die kinders saam – daar sal meer as genoeg wees vir hulle om te doen by ons pretpark, terwyl Ma en Pa die talle buitelewe produk uitstallings geniet! Maak ook seker om nie Sondag die Lollos vertoning te mis nie.

Naweek kampering raak nou vinnig vol en kan nog bespreek word deur ’n e-pos te stuur aan [email protected] en alreeds opgerigte en toegeruste tent kampering aan [email protected].

Kontak gerus vir Marius by [email protected] / 082 570 5758 vir enige bemarking- borgskap of media navrae en vir Tersia by [email protected] / 071 659 9915 vir uitstallers navrae.

Besoek ons webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.