Logo

Braai en jag by Réan – Leah se dagboek

Nuus
29 November 2018
Leah skryf oor haar tyd op Boer Réan se plaas.
BSV-Rean-Leah

FOTO: Donna Lewis

 

Liewe Dagboek,

Groblershoop is nogal ’n relatiewe verlate plek, maar Réan se plaas is soos ’n oase in die omgewing – dis bitter mooi.

Ek dink die meeste mense hier braai en jag maar!

Groblershoop was ékstra koud, maklik van die koudste! Ek het gevoel asof ek my tone gaan verloor.

Ek het bietjie uitgery Upington toe terwyl ek daar was en vir ’n vriendin gaan kuier en myself met ’n spa-dag bederf. Ek het ook vir ontspanning die reeks 13 Reasons Why op Netflix vanaf my selfoon gekyk en bietjie sangoefening gedoen.

Ek het só vir Boer Réan gelag terwyl ek onderhoude gedoen het (hy is baie snaaks!). Dit het gevoel asof ek ’n giggel-pilletjie gesluk het! Hy het ook in ’n baie kort tydjie ’n groot snor gegroei, wat hy gelukkig vinnig gaan afskeer het (ons wou dit eintlik op kamera vasgevang het, maar hy was baie skelm!).

Dit was lekker om te sien hoe lekker Réan en die dames saamkuier – asof hulle vier goeie vriende is wat net hul tyd saam geniet.

Blaai deur die regisseur Berdene Burger se agter-die-skerms-kiekies:

Gallery

– Leah

Hier is bietjie meer oor die groter omgewing waarin ons boere hulself bevind.

Neem deel aan ons kykerskeuse-ervaring en, wie weet, dalk slaan jy ’n middagete saam met Leah en vier van jou vriende los!