Logo
Bolhuis 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Bolhuis

144Realiteitsprogram16

Bolhuis gee raad – Getroud met Rugby

Nuus
26 November 2018
Vind meer uit.
Mike Bolhuis gee raad

Foto: Getty Images

Dié week was kykers geskok deur die gewapende huisinbraak en traumatiese aanhouding van die Bekker-gesin in Getroud met Rugby. Natuurlik is misdaad ’n werklikheid wat Suid-Afrikaners daagliks in die gesig staar. Daarom het ons privaatspeurder Mike Bolhuis se raad ingeroep.

Afgesien van gewapende rooftogte en plaasaanvalle, sê Mike dat gewapende huisinbrake die mees algemene misdaad in Suid-Afrika is. Hy sê ook dat dit baie belangrik is om tydens so ’n huisinbraak kop te hou.

Mike het vir ons ’n scenario geskep en stap vir stap verduidelik hoe om so ’n situasie deur te maak:

Scenario: ’n Gesin van vier mense raak bewus van ’n geskarrel buite. Hoe om op te tree, in Mike se eie woorde: 
 

Fase 1: Die betreding

Tydens hierdie fase word lede van die gesin bewus daarvan dat iemand buite besig is om die die erf te betree, en die volgende oomblik is hulle binne in die huis.

Dit is uiters belangrik om kop te hou. Stel onmiddellik die hele gesin in kennis indien almal nie reeds bewus is nie. Pa, jy moet beheer uitoefen, en Ma, jy moet in ’n beskermende houding intree. Gesin, dit gaan niemand baat om nou in verskillende rigtings te hardloop nie. Dis beter om as ’n eenheid saam te staan.
 

“Ma, dit is belangrik dat jy ten alle koste die kinders bymekaar hou en beskerm.”


Dit is ook natuurlik beter om glad nie beskikbaar te wees vir die boewe nie. Om jouself en jou gesin heeltemal van die perseel af te verwyder tydens dié fase is eerste prys. As daar ’n agterdeur of venster is waarby julle julself uit die huis uit kan verwyder, of ’n heining waaroor julle moet kom, doen so dadelik.

Wenk: Wees proaktief en reël met jou buurman dat daar ’n deurgang tussen julle persele geplaas word wat in die geval van ’n noodgeval gebruik kan word, wees dit ’n rooftog of selfs ’n brand.​ Dit is ook ’n goeie idee om op ’n gereëlde grondslag ’n oefening uit te werk waartydens die gesin kan oefen hoe hulle sal optree in die geval wat boewe sou intree en julle beroof, aanhou of heel moontlik wil vermoor.

Fase 2: Aanhouding – dis nou te laat om weg te kom

Indien dit te laat is om jouself te verwyder en jy word aangehou met ’n wapen, moenie ’n konfronterende lyftaal teenoor die boewe toon nie. Vermy byvoorbeeld om direk na hulle te kyk. Probeer afkyk maar terselfdertyd genoeg waar te neem om hulle later te identifiseer – ons verwys daarna as ’n wide eye look.

Tydens hierdie fase is die aggressie-vlakke duidelik. Opdragte word byvoorbeeld geskree, en gesinslede word geïntimideer. Dit is dan belangrik om so kalm as moontlik te bly. Betoon duidelik jou vrees maar hou tog kop. Moenie enigiets doen om met hulle te probeer kommunikeer of onderhandel nie. Laat die boewe presies doen wat hulle daar is om te doen.

Dit is egter baie belangrik om tydens hierdie fase soveel inligting moontlik te probeer inwin. Neem waar: kleredrag, kultuur, kleur, grootte, gewig, juwele, merke op die gesig, en taalgebruik.

KYK OOK: HANNES VAN WYK KUIER BY MIKE BOLHUIS

Die eerste ding wat die boewe gaan doen is om enige vorm van kommunikasie te neem, byvoorbeeld fone en rekenaars. Daarna gaan hulle vra vir wapens en die kluise en al die waardevolle goed.

Ouers, as een van julle wel professionele opleiding gehad het en een van julle het dus die vermoë om iemand te ontwapen en op die grond te plaas, doen dit dan nou. Selfs as jy jouself en jou gesin kan verdedig met jou eie wapen, maak so nou – let wel, julle as gesin behoort dit vooraf te oefen.

Fase 3: Verwydering van items deur boewe

Tydens hierdie fase sal die boewe gewoonlik opdragte gee. Daar sal gewoonlik twee wees wat die gesin met wapens aanhou, en die res sal deur die huis gaan, die kluise oopmaak en waardevolle goed bymekaar maak.

Moet egter nie waardevolle goed in jou kluis hou nie. Hou dit eerder veilig op ’n heeltemal ander plek, soos ’n bankkluis. En natuurlik moet dit verseker word.

WENK: Hou hierdie cheap Bangkok-juwele in die kluis en plaas dan jou waardevolle juwele in ’n ander opskure plek in die huis wat nie sou aandag trek nie.
 

Fase 4: Die perseel word verlaat

Dit is tydens hierdie fase wat die boewe gewoonlik ’n kar ook vat. Hulle pak alles in die kar, en hulle mag soms selfs een van die gesinslede saamneem om sodoende die kredietkaarte leeg te trek.

Die kans dat hulle in die huis in kom en slegs vat wat hulle in die huis wil hê is skraal. In al hierdie gevalle moet julle jul volle samewerking gee. Die kans dat hulle ook goed om die huis sal vat en dat hulle een van julle sou saamvat is groot. 
 

“Worst case scenario? Wanneer hulle eenvoudig besluit om te vermoor. Hierdie is realiteite en moet ongelukkig genoem word.”


Die kans dat daar ’n verkragting gaan plaasvind voor, tydens of na die roof is groot. Dis gewoonlik die vrouens, gewoonlik wanneer daar inligting weerhou word. Weereens is dit belangrik dat jy te alle tye as gesin jou volle samewerking gee. Sodra dit in daardie rigting beweeg kan julle as gesin smeek dat dit nie moet gebeur nie. Julle kan julle volle samewerking gee om dit te probeer vermy.
 

Fase 5: Picking up the pieces

Life must go on. Maak seker dat jy die regte outoriteite in kennis stel. Gee ook jou volle samewerking, en soveel as moontlik inligting. Maak ook seker dat die nodige mediese ondersoeke gedoen word.

Die grootste en beste ding om te doen om misdaad te voorkom is samewerking van ’n volle gemeenskap, of dit nou ‘n plaasgemeenskap of dorpgemeenskap is.

Ongelukkig moet jy paranoid wees in hierdie land. Jy moet byvoorbeeld verskeie roetes ry. Moenie altyd een roete ry nie. Dit is belangrik dat jy ook met jou gesin kommunikeer en hulle in kennis stel van jou bewegings sodat hulle jou verwag en jou kan ontvang.

KYK OOK: GLANSGANS OF BOBAASSPEURDER?

Dit is altyd goed om voorbereid te wees sodat jy, sodra jy jou man by die huis kom, kan sien dit is hy alleen.

En as jy as drywer kan sien dat jy agtervolg word, ry verby jou woning direk na die naaste polisiestasie. Terwyl jy ry is dit belangrik om outoriteite onmiddellik te skakel.

Dit is ook belangrik dat jy soveel as moontlik inligting inwin terwyl jy ry deur in jou tru-spieëltjie waar te neem.

As jy by die polisiestasie kom, moet jy vir die polisie al die inligting gee en hulle inlig dat jy ’n huisinbraak by jou woning vermoed.

Dit is altyd goed om ons ook in kennis te stel sodat ons kan bepaal of dit sindikate is – kliek hier. Gewoonlik is hulle deel van ’n groter groep. Dit beteken as jy die een vang kan die hele groep openbaar word. 

LEES OOK: BOLHUIS ONDER DIE VERGROOTGLAS

Skakel weeksaande in om 21:00 vir Getroud met Rugby. Jy kan ook elke Dinsdag om 20:00 inskakel vir die kykNET-misdaadsreeks Bolhuis waartydens Mike dieper delf in van die sake wat al op sy lessenaar beland het.