Logo

Boere, skryf nóú in vir Boer Soek ’n Vrou 9!

Nuus
18 Februarie 2016
kykNET maak hulself reg vir die 9de seisoen van die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, en is op soek na energieke en ondernemende boere van alle ouderdomme.
BSV Call to Entry

Woon en werk jy op ’n plaas? Is jy ongetroud en op soek na jou ideale maat? kykNET maak hulself reg vir die negende seisoen van Boer soek ’n vrou.

Skryf só in

Klik hier om aanlyn in te skryf óf laai die inskrywingsvorm hier af: Boer soek ’n vrou 9 Inskrywingsvorm

Inskrywings sluit op 18 Maart! Indien jy vrae rondom die inskrywings het, bel gerus 072 531 0797.

Onthou, slegs boere (manlik én vroulik) kan nou inskryf. Die publiek sal op ’n latere stadium vir die boere kan skryf, nadat die tien boere op die kassie bekendgestel is.

Ons is op soek na energieke en ondernemende boere van alle ouderdomme, wat kans sien om dalk die liefde van hul lewe te ontmoet! Skryf nóú in om deel te wees van dié gewilde reeks. Manlike én vroulike boere is welkom om in te skryf. Vat ’n kans – jy kan dalk net jou hart verloor!

Boer Johan en sy Helen, wat aan die sewende seisoen van Boer soek ’n vrou deelgeneem het, het onlangs afgehaak.

Boer Soek ’n Vrou is ’n werklikheidsreeks wat ook internasionale sukses geniet en volg hubare boere in hul soektog na liefde. Die nuwe seisoen sal op 13 Oktober 2016 om 20:30 op kykNET afskop en tot 5 Januarie 2017 uitgesaai word.

Die program spog boonop vanjaar met ’n splinternuwe aanbieder – Suid-Afrika se liefling, die voormalige internasionale model, Minki van der Westhuizen.

Lees meer oor Minki in die jongste uitgawe van Digityd.

Boere en boerderye is vanjaar, meer as ooit tevore, op almal se lippe. Minki nooi boere, wat opsoek is na iemand om in hul lief en leed te deel, om in te skryf. Kyk die video:



Bly op die hoogte

Gesels saam op Facebook en Twitter (@boersoeknvrou). Vir die jongste nuus en video’s, klik hier.