Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Boere kan nou inskryf vir ‘Boer soek ‘n vrou’

Nuus
07 April 2022
kykNET soek 2023 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 15de seisoen.
HP BB BSV S15 Skryf in

Boere kan nou inskryf vir ‘Boer soek ‘n vrou’

Die gewilde kykNET-reeks Boer soek ʼn vrou het in die afgelope 14 seisoene bewys dat dit wel moontlik is om liefde op die kassie te vind en hubare boere, wat ook die kans wil waag om liefde op dié manier te vind, kan nou vir die 15de seisoen van dié -werklikheidsreeks inskryf.

In 2022 se reeks, waarvan die slotepisode pas uitgesaai is, het twee uit die topvyf boere, Tyson en Petré, liefde as gevolg van hul deelname aan die reeks gevind.

Boonop in die vorige seisoen (in 2021) het die boere-Kupido se pyle talle boere getref. Só het boer Niel onlangs met sy gekose pasmaat, Cherize, getrou en het trouklokkies ook vir PF en Chantelle gelui. Later vanjaar is Albert en Chanté, asook Déan en Megan op pad kansel toe.

Nou soek kykNET 2023 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 15de seisoen.

Boere kan op die volgende maniere inskryf:

  • Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 335 5137;
  • Stuur ’n e-pos na [email protected]

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 5 Mei 2022 bereik.
  • Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankondiging oor 2023 se top-tien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
  • Die 15de reeks sal van Januarie 2023 op kykNET uitgesaai word.

Skryf in!