Logo

Boer Soek ’n Vrou: Wat het die Boere oor die dames te sê?

Nuus
23 Oktober 2015
Die keuses is gemaak en elke boer het drie dames plaas toe genooi. Kyk hier wat die boere oor die dames te sê gehad het.
Boere Dames Ep4

Die keuses is gemaak en elke boer het drie dames plaas toe genooi.

Twee van die briewe het van die begin af Derius se aandag getrek, het hy gesê. Hy hoop daar kom iets “positiefs” uit die plaasbesoek.



“Ek het nog nie ’n vasgestelde plan nie,” het Ignus oor die plaasweek gesê. “Ek dink hulle (die dames) gaan lekker bokke vir sports wees.”



Dis vir hom belangrik dat die dames oor die weg kom, meen Niel, omdat dit gaan bepaal hoe hy met sy toekomstige maat gaan klaarkom.



“Ouderdom is irrelevant,” het Christiaan gesê. Hy meen hy kom nie enige verskille agter nie, omdat al die dames wat hy gekies het volwasse is en kinders van hul eie het.



Hy volg net sy hart, meen PJ. Hy het gesê die proses het hom tot dusver verras. “As die dames nie oor die weg kom nie, weet ek nie wat ek gaan doen nie.”



Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30.