Logo

Boer Soek ’n Vrou: Tot hier en nie verder nie

Nuus
16 Desember 2016
Dié week op Boer Soek ’n Vrou het die boere alleentyd saam met elk van die vroue deurgebring, terwyl Johannes dié tyd op ’n ander manier benut het.
BSV 9 Ep 9 Feaure

Dié week op Boer Soek ’n Vrou het die boere alleentyd saam met elk van die vroue deurgebring, terwyl Johannes dié tyd op ’n ander manier benut het.

Ná die familiebraai verlede week het Johannes gesê daar was dinge “wat ek nie wou gesien het nie” en dinge “wat ek nie gesien het nie wat ek graag wou gesien het.

“Die regte keuse is nog steeds daar om te maak. Ek moet nog net besluit of ek dapper genoeg gaan wees om dit te maak.”

Jenny hoop om sekerheid by Arno te sien – of hy nou vir haar of Jacobu gaan kies; sy sal tevrede wees. “Ek wil net hê hy moet seker wees.”

“As jy nie nou gaan oopmaak nie, gaan jy nie kans kry om oop te maak teenoor hom nie,” sê Jacobu. “Dit gaan moeilik wees, maar ek gaan.”

Is daar plek vir ’n vrou in sy lewe? “Daar is beslis plek,” sê Arno vir Jenny wanneer hulle privaat gesels. Sy program lyk egter dol – iets waaraan hy nie veel kan verander nie.

Arno meen die tyd wat hulle saam gehad het was genoeg “om te hoor wat ek wou hoor.”

Kyk die video hier.

Jacobu vra vir Arno uit oor sy vorige verhouding. “Ek was reg vir ’n ernstige verhouding en sy was nie,” sê die boer. “Ons was baie lief vir mekaar, maar ons het mekaar meer seer gemaak op daardie stadium.”

Haar pa het ’n beroerte gehad toe sy in graad vyf was, vertel Jacobu. “Ek hou nie van ernstig raak nie, want, op ’n manier… Ek is nooit oor dit nie,” sê sy. “Ek is maar nog bietjie nie lekker daaroor nie.”

Hy het verwag die twee gaan net grappe uitruil, sê die boer, maar “sy het eintlik lekker diep gesels.”

Kyk die video hier.

“My keuse is heeltemal gemaak,” sê Arno.

34 bsv 9 ep9 arno 01

34 bsv 9 ep9 arno 02

34 bsv 9 ep9 arno 03

34 bsv 9 ep9 arno 04

34 bsv 9 ep9 arno 05


Op Willowmore besef Hennie en die dames vandag die “erns van die saak”, sê Elizbé. Dinge moet na ’n kant toe en op dié plaas is daar beslis geen uitsondering nie.

Hennie wil by Elizbé, wat onlangs nog in ’n verhouding was en seergekry het, weet of sy gereed is om aan te beweeg. Beslis, sê sy, maar dit “begin alles weer by ’n vriendskap”.

Het sy eienskappe waarvan die boer hou? “Ek kan sien jy is rêrig gelukkig in jouself. Wat jy aanpak, doen jy voluit,” sê Hennie.

“Gaan jy my verneuk, jou bliksem?” vra Elizbé. “Dis een iets wat ek nooit in my lewe sal doen nie!” sê Hennie.

Kyk die video hier.

“Jy maak nogals moeilik oop,” sê Hennie vir Chantelle.

“Ek doen dit maar outomaties,” sê Chantelle. Hulle is drie in die huis, en sy sal dan “eerder terugstaan”.

Sy sê Hennie sien die dinge raak wat sy gehoop het hy sal raaksien.

“Jy kort definitief ’n vrou wat jou met ’n knippie sout gaan vat,” sê sy vir die boer.

Kyk die video hier.

Hennie sê hy het lekker met beide vroue gesels, maar die gesprekke het hom tog ’n idee gegee wie hy moet kies tussen die twee. “Ek moet sê ek dink die proses begin nou emosioneel raak – nie net vir hulle nie, maar vir my ook,” sê hy.

34 bsv 9 ep9 hennie 01

34 bsv 9 ep9 hennie 02

34 bsv 9 ep9 hennie 03

34 bsv 9 ep9 hennie 04


Op Rob se plaas spot Maureen: Sy het nog nooit so hard vir ’n man gewerk nie! Sy is ietwat van ’n toe boek, wat die hele ervaring vir haar moeilik maak.

Elizna sê Rob se vriende kon nie uitgepraat raak oor hoe goed hy met kinders is nie. “Ek dink nie ek is só amazing met kids nie,” sê die boer.

“Persoonlik dink ek Maureen het dalk meer wat sy vir hom kan bied,” sê Elizna, omdat hulle meer in gemeen het met mekaar.

Rob dink Elizna is baie volwasse oor die hele situasie.

Kyk die video hier.

Wat Maureen môre gaan doen, is vir Rob belangriker as haar verlede of geskiedenis.

Rob is “soos ’n artisjok”, sê Maureen, en dié kort tydjie gaan nie genoeg wees om die boer beter te leer ken nie.

Kyk die video hier.

Sy is rustig oor wat voorlê, sê Elizna.

Maureen weet sy vir die boer kan bied, en dink ook sy het ’n goeie idee oor wat die boer vir háár kan bied.

Hy het nog nie baie duidelikheid oor sy finale besluit nie, sê Rob.

34 bsv 9 ep9 rob 01

34 bsv 9 ep9 rob 02

34 bsv 9 ep9 rob 03

34 bsv 9 ep9 rob 04

34 bsv 9 ep9 rob 05


Sy sal graag by Leon-Fritz wil weet of hy in haar belangstel of nie, sê Marna. “Dis mos maar hoekom mens hier is.”

Die boer sê: “Vandag is nogals ’n groot dag.”

Sy is nie ’n “baie affectionate persoon nie,” sê Marna vir Leon-Fritz, en sal eerder haar liefde vir ander wys deur die dinge wat sy vir hulle doen.

Hoe sy verhoudings sien is iets wat vir hom in haar brief uitgestaan het, sê die boer. Hy is eerder alleen en gelukkig as saam met iemand wat hy weet is nie die een vir hom nie.

Kyk die video hier.

Hy gaan op hierdie stadium met sy kop moet kies, sê Leon-Fritz vir Chanté. Omdat hy is soos wat hy is, “kan ek nie nou al met gevoelens besluit nie”.

Chanté sê: “Vir my is hierdie hele ding ’n baie intense geloofsding.

“Dit maak nie saak hoe dit eindig nie, daar is vir my rêrig ’n rede hoekom hierdie moes gebeur.”

Die alleentyd “was definitief waardevol,” sê die boer.

Kyk die video hier.

Dit was “heel gerieflik” om drie vroue in die huis te hê, spot Leon-Fritz. Hy meen daar is nie op dié stadium “gevoelens van my kant af nie”, maar wel die “geleentheid om te bou op iets”.

34 bsv 9 ep9 leonfritz 01

34 bsv 9 ep9 leonfritz 02

34 bsv 9 ep9 leonfritz 03


“Ek kan nie agterkom hoe hy voel oor die tipe mens wat ek is nie,” sê Marga oor Johannes. Dis nie lekker om nie aanvaar te word nie, sê sy.

Danielle dink nie dinge gaan enigsins verder gaan nie – en vandag is dit tyd om eerlik met die boer te wees.

“As ek eerlik met jou moet wees…” sê Johannes vir Marga. “Ek sien jou op die oomblik meer as iemand met wie ek vriende kan raak as iemand wat by my gaan pas in ’n verhouding op hierdie stadium.”

Marga sê: “Ek verstaan heeltemal.”

“Dit help nie om dinge uit te rek nie,” sê Johannes vir Danielle, wat sukkel om op die plaas aan te pas. “Ek is rêrig jammer daaroor,” sê sy.

“Dis niks om oor jammer te wees nie,” sê die boer. “Dit was ons wil hê is nie dieselfde nie.”

Danielle stem: “Dit is so. Dis die waarheid.

“Ek moet nog aan myself werk,” sê sy.

Kyk die video hier.

34 bsv 9 ep9 johannes 01

34 bsv 9 ep9 johannes 02

34 bsv 9 ep9 johannes 03

34 bsv 9 ep9 johannes 04


Die boere moet binnekort ’n belangrike besluit neem en gesels oor die eienskappe wat die deurslag gaan gee. Kyk hier:



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.

Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.