Logo

Boer Soek ’n Vrou: Staan nader vir nommer 9

Nuus
20 Oktober 2016
Die verfilming van die negende seisoen van die immergewilde Boer Soek ’n Vrou het tot ’n einde gekom en kykers kan uiteindelik nader skuif vir die aksie.
Die verfilming van die negende seisoen van die immergewilde Boer Soek ’n Vrou het tot ’n einde gekom en kykers kan uiteindelik nader skuif vir die aksie.

Boer Soek ’n Vrou het sedert dit die eerste keer aan kykNETters bekendgestel is deel van kykers se lewe geword en kykNET en die produksiespan word jaarliks oorval met inskrywings – van hubare boere en belangstellende dames – asook terugvoer van kykers.

Op 20 Oktober skop die splinternuwe seisoen, waarvoor kykers nou al ’n jaar wag, af op kykNET – en dié seisoen, nes die suksesvolle aflewerings van vorige jare, gaan nie teleurstel nie.

Hier is nege dinge wat gebeur het ná die vorige seisoen geëindig het.

Die program spog nie net met ’n nuwe aanbieder nie, maar ook ’n nuwe regisseur – wat beteken die nuwe seisoen gaan ’n vars aanslag hê. Die formaat, wat internasionale sukses geniet, bly egter onveranderd.

In die eerste episode ontmoet aanbieder Minki Joubert die tien boere, wat in Mei aan kykers bekendgestel is, in lewende lywe. Die boere kry hier die geleentheid om hul plase af te wys en vir Minki meer te vertel oor wie hulle is, wat vir hulle belangrik is in die lewe en, natuurlik, waarna hulle in ’n pasmaat op soek is.

[caption id="attachment_246336" align="alignleft" width="600"]
34 2016boer8
Foto: Stephanus Rabie (@faano1)[/caption]

Vanjaar se tien boere vertel vir kykers hoekom hulle vir die nuwe seisoen van Boer soek ’n Vrou moet inskakel.

Die week daarna gaan Minki posman speel en die sakke en sakke vol briewe en geskenke wat die boere ontvang het by hulle aflewer. Dié episode hou kykers gewoonlik op die punt van hul stoele: Wie gaan die meeste briewe ontvang? En is daar briefskrywers wat dit vroeg al regkry om die boere se harte te steel?

Die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, word dan die hubares wie se avontuur kykers oor die volgende paar weke op die kassie gaan volg.

Elkeen van hierdie vyf gaan tien vroue kies om tydens ’n blitsafspraak te ontmoet. Daarna word vyf gekies waarmee elke boer op ’n uitstappie gaan. Dit klink dalk na pret en plesier, maar gróót besluite word hier geneem: Net drie vroue kan saamgenooi word plaas toe.

[caption id="attachment_246324" align="alignleft" width="600"]
34 2016boer4
Foto: Stephanus Rabie (@faano1)[/caption]

Van plaasuitstappies, skoonfamilie ontmoet en vakansie hou – die nuwe seisoen gaan heelwat kinkels in die kabel oplewer. Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie – vanaf 20 Oktober 2016.

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.