Logo

Hannon Bothma: Só lyk die moderne boervrou

Nuus
22 Desember 2017
Die moderne boervrou hoef nie haar tyd in ’n T-hemp te verwyl nie. Ons het by Glam Guru se Hannon Bothma gaan aanklop vir raad.
BSV_Glam Guru

FOTO:  Verskaf

Glam Guru se Hannon Bothma staan bekend as Suid-Afrika se eie haar- en grimeringghoeroe wat weekliks vroue voor ons oë transformeer op die kassie. Met die oog op die toekoms het Hannon raad gegee oor hoe om die moderne boervrou te wees en ja, sy hoef nie haar dae in ’n T-hemp te verwyl nie. Ons het by hom gaan aanklop vir raad. 

1. Hoe lyk die moderne boervrou?
Die moderne boervrou lyk soos iemand wat weet wat in die modewêreld aangaan en met wat sy het probeer sy in die mode lyk wat haar haarstyl, klere en grimering aanbetref. Sy lyk soos iemand wat geld op haarself spandeer. Sy is ook toepaslik vir die geleentheid. Met ander woorde, as sy na die kallers gaan kyk dan trek sy miskien haar stewels aan, maar sy het beslis ook wanneer sy terug is by die huis miskien meer ’n plat hak en sy het definitief ’n paar spykerhakke ook in haar hangkas. Sy is iemand wat haar voorkoms gereeld kan verander afhangende van die geleentheid. By ’n braai in die aand sal sy miskien ’n glitterige blink oorbelletjie dra, maar in die dag sal sy miskien net ’n paar stud-oorbelletjies dra, miskien iets wat meer natuurlik is van byvoorbeeld leer of hout of watookal die geval is. Sy hou daarvan om bykomstighede te gebruik om haar voorkoms op te dateer en om dit interessant te laat lyk. Sy is ook nie noodwendig bang vir kleur nie. So sy sal nie noodwending in khaki van die oggend tot die aand wees nie. En die moderne boervrou het beslis ’n nommertjie vir ’n spesiale aand uit, miskien ’n little black number of miskien selfs ’n aandrok.

2. Vyf moet-hê items in die moderne boervrou se handsak.
• ’n Lipstiffie of ’n lipgloss wat sy half vinnig kan mooimaak wanneer die kuiermense kom of wanneer sy moet mooi lyk vir haar man of haar boyfriend of as sy in die spieël kyk, want as sy in die spieël kyk moet sy mooi voel.
• Sy het beslis ’n handeroom nodig, want sy glo daarin om mooi versorgde hande te hê. Natuurlik hou sy van juweliersware, so sy het definitief ’n mooi ring wat sy gaan dra en dan moet haar hande mooi lyk.
• Sy mag dalk ’n wiel moet omruil, so sy het definitief cleansing wipes nodig om haar hande mee skoon te maak.
• Dan gaan sy definitief een of ander tool soos bv. ’n Leatherman-knipmes in haar handsak hê in geval sy dalk vinnig iets moet regmaak of dalk net vir iemand iets leen wat dalk ’n skroef êrens wil indraai.
• En sy het definitief ’n knippie nodig waar sy vinnig haar hare uit die pad uit kan kry as sy moet beweeg.

3. Met watter tipe klere kan jy nie verkeed gaan op die plaas nie?
’n Baie goeie basiese uitrusting gaan definitief ’n paar jeans wees wat jou fantasties laat lyk. So dit sal waarskynlik ’n stywerige tipe van skinny jeans wees. Stewels in die winter, en selfs in die somer, kan goed werk. Dan ’n T-hemp en ’n baadjie of ’n cardigan of iets vir ’n bietjie ekstra hitte en miskien ’n serpie. Daai is jou basiese items.

4. Die dames ontmoet die skoonouers vir die eerste keer. Watter tipe klere is gepas vir die geleentheid?
Die basiese klere wat gepas is vir die plaas bv. jou jeans, bootse, T-hemp, cardigan-baadjie, bumper jacket tipe van ding wat baie goed werk. Maar onthou jy wil graag ’n goeie indruk laat en jy wil graag hê die ouers moet jou onthou. So ek sal altyd ’n tikkie kleur bydra bv. iets helder naby jou gesig. Dit kan dalk ’n serp wees of jou T-hemp wat in ’n helder kleur is. En dit sal miskien ’n goeie idee wees dat jy miskien eerder ’n katoenbloes in plaas van ’n T-hemp dra. Dit gee net ’n bietjie beter indruk.

5.    Wat maak vir jou ’n vrou mooi?
’n Mooi vrou is iemand wat gemaklik is in haar eie vel. Met ander woorde sy is nie noodwendig brandmaer nie. Sy maak die beste met wat sy het. Maak nie saak wat haar grootte of haar ouderdom is nie, sy is gemaklik met wat sy is, wie sy is, wat sy in die spieël sien. En sy weet hoe om haar foute reg te maak. En sy weet hoe om haar mooi eienskappe meer te beklemtoon. Natuurlik sal mooi goed versorgde hare altyd ’n baie goeie prentjie uitmaak. Hare wat natuurlik los beweeg, nie vreeslike stywe hare nie, want dis nie vreeslik “plaserig” nie. So dit moet natuurlik lyk. En as sy miskien iets op haar gesig ’n bietjie uitbring bv. sy het ’n mooi, sterk oogomlyner sodat sy kan flikkers gooi. Of miskien ’n baie pragtige lipkleur wat sy kan dra en dan net so "tjirtsie" van ’n blinkdingetjie, dalk ’n klein oorbelletjie. Dis als goed wat vir my uitstaan, wat ’n vrou mooi maak.

6. Wat is jou top-skoonheidswenk?
Die dames moet eintlik weet dat ’n mooi glimlag baie mooier is as die mooiste lipstiffie. So selfvertroue, glimlag en ’n spontaniteit is my top-skoonheidswenke.

7. Wat is jou gunsteling-grimeerwenk?
Daar is een maklike grimeerwenk wat enigiemand kan doen om jou wimpers ekstra lank te laat lyk. As jy ordentlik wil flikkers gooi dan doen jy die volgende: jy sit vir jou ’n laag maskara op, dan sit jy sommer ’n bietjie babapoeier bo-oor en jy sit nog ’n laag maskara op. Dan lyk dit asof jy vals wimpers het, maar eintlik is dit als jou eie.

Donderdag om 20:00 ontmoet die oorblywende twee vroue die boere se vriende en familie – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou