Aanbieder Nadia Beukes deel haar gedagtes oor die boere se finale keuses met ons.
Op Ignus se plaas was dit vir haar interessant om te sien dat die dames dit eens was dat Janli die boer se hartsbesluit sal wees. Toe Ignus wel vir Janli kies, was dit vir haar goed om te sien die boer het die moed gehad om met sy hart te kies. “Ek dink Marli is trots op hom.”
By Derius-hulle het Maryke die plaas ’n dag vroeër verlaat, maar Derius moes Ninke steeds vra of sy wil agterbly. “Ek is baie bly dat Ninke vir Derius ’n kans gee.”
“Ek het nogal heeltyd gewonder watter meisie Niel gaan kies,” sê sy. “Dit is wel interessant dat hy die blondine gekies het, en dis ook vir my interessant dat sy baie soos sy ma is – en sy ma is ook ’n blondine!”
Sy dink Eslia is geskok omdat sy gekies is. Nou moet sy en Christiaan “hul lewens by mekaar uitbring,” sê Nadia. “As twee mense aparte lewens het, is dit soms bietjie van ’n uitdaging.”
PJ en Luzaan maak ’n goeie prentjie, meen sy. “Dit lyk of hulle altwee baie, baie ernstig is.
“Ons moet maar sien of hulle hul Facebook-status opdateer. It’s only official if it’s Facebook official!”
Kyk die video hieronder:
Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30.