Logo

Boer Soek ’n Vrou: Nooit ’n saai oomblik

Nuus
27 November 2015
Boer Soek ’n Vrou is nooit sonder verrassings nie, sê aanbieder Nadia Beukes. Lees meer.
Nadia Dames Feature
Boer Soek ’n Vrou is nooit sonder verrassings nie, sê aanbieder Nadia Beukes.

“Jy weet nooit wat gaan gebeur nie,” sê Nadia. “Só kry ek ’n oproep dat ek moet plaas toe kom ’n dag vroeër as wat ek gewoonlik na die plase toe sou gaan om met die dames te gesels.”

Maryke, een van Derius se dames, wou huis toe gaan en dié aankondiging het selfs ons gesoute aanbieder onkant gevang.

Janli en Marli, die oorblywende dames op Ignus se plaas, lyk of hulle albei goed by die plaaslewe sal inpas, meen sy. “Op die ou einde gaan hy moet kies tussen sy hart en sy kop.”

Vir Niel, ’n boer wat nie sommer maklik teenoor ander oopmaak nie, was dit ’n moeilike proses, sê Nadia. “Die proses het hom gedwing om eerlik te wees met homself.”

Eslia is dalk minder selfversekerd as Simoné, maar tog is Eslia steeds op die plaas. “Wat gaan gebeur weet niemand nie.”

“PJ het besluit hy het nie alleentyd nodig nie,” sê sy. Sy meen die enigste risiko in só ’n geval is “of die meisie wat hy wil hê ook op die plaas wil bly.”

Kyk die eksklusiewe video hieronder:



Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30 op kykNET.