Logo

Boer Soek ’n Vrou: Nadia se beste afspraak

Nuus
22 Oktober 2015
Ons het met Nadia Beukes, aanbieder van die nuutse seisoen van Boer Soek ’n Vrou, gesels oor eerste ontmoetings en romantiese afsprake.
Screen Shot 2015-10-22 at 1.50.19 nm.
Ons het met Nadia Beukes, aanbieder van die nuutse seisoen van Boer Soek ’n Vrou, gesels oor eerste ontmoetings en romantiese afsprake.

Volgens haar is “oudtydse sjarme” nommer een op haar lys. Vir haar is dit baie belangrik tydens die eerste afspraak om ’n intelligente gesprek te voer. Daarmee te same sê sy dat die atmosfeer gemaklik moet wees.

“Dit, volgens my, is ’n wen-resep vir ’n suksesvolle eerste afspraak... en natuurlik heerlike kos met goeie wyn daarby sal beslis nie skade aanrig nie.”

In Boer Soek ’n Vrou het ons met die blitsafsprake gesien dat eerste indrukke baie tel. Nadia glo dis nie al waarna iemand moet kyk nie.

“Soms kan eerste indukke eintlik meer misleidend as inleidend wees,” sê sy. “Ek verkies om mense eerder beter te leer ken voordat ek aannames maak of hul in boksies plaas…”

Volgens haar is tyd die belangrikste element van ’n verhouding. Dit is ook baie belangrik om te weet of dit die regte persoon is al dan nie.

“Ek sê nie daarmee dat jy nie in ’n enkele oomblik aangetrokke kan wees tot ’n persoon nie, of dat liefde met eerste oogopslag nie bestaan nie, maar eerder dat die bevestiging van daardie oorspronklike gevoelens tyd vat. Tyd waarin jy die ander persoon, en jy ook jouself, binne die verhouding leer ken, verstaan en liefkry.”

Nadia sê dat tyd saam met haar kêrel baie kosbaar is; tyd is wat ’n romantiese afspraak elke oomblik die moeite werd maak. “Of dit nou by ’n deftige restaurant is, of ’n piekniek in sy tuin, of selfs ’n krismisbed voor die TV. Tyd saam met hom is altyd ideaal-spesiaal.”

’n Romantiese afspraak wat vir Nadia uitstaan is ’n aand toe sy en haar kêrel vir die eerste maal uitgegaan het na ’n lieflike restaurant in Parkhurst. “Ons het fantastiese kos geëet, heerlike wyn van Sutherland gedrink en gekuier tot hulle die restaurant wou toesluit,” sê sy. “Daarna het ons nog roomys by die petrolstasie gaan koop.

“Min het ek daardie tyd geweet dat ons nog vele sulke aande saam sou geniet en ek is onëindig dankbaar dat ons paaie gekruis het.”

Gedurende die volgende paar weke deurkruis Nadia Suid-Afrika om die boere se soeke na liefde saam met hulle te ervaar. In die volgende episode het Nadia vir elke boer ’n gesellige dag gereël sodat elke boer die vyf dames wat hulle gekies het beter kan leer ken.

 Kyk Boer Soek ’n Vrou, elke Donderdag om 20:30.