Logo

Boer Soek ’n Vrou: Minki deel haar raad

Nuus
18 Mei 2016
Boer soek ’n vrou-aanbieder Minki Joubert het onlangs vanjaar se boere op hul plase ontmoet. Sy deel haar raad aan vroue wat wil inskryf.
BSV Minki Arno

Die tien boere wat aan die negende seisoen van Boer soek ’n vrou gaan deelneem is op 8 Mei 2016 aan kykers bekendgestel.

Aanbieder Minki Joubert het op elke boer en sy plaas ’n draai gaan maak om hulle van nader te leer ken. “Ek is ongelooflik beïndruk deur hierdie jaar se klomp boere,” sê sy. “Ek is ook baie opgewonde om te sien hoeveel van hulle liefde gaan vind.

“Ek het hulle nog net een keer ontmoet, maar voel of ek hulle al jare ken. Al die boere is goeie mense; sout van die aarde.”

Die plaasbesoeke was ’n onvergeetlike ervaring, vertel Minki. “Almal het ons op die hande gedra en so welkom laat voel, veral ’n paar van die skoonma’s!”

Sy meen die boere, al is hulle hóé uiteenlopend, het daardie “iets” wat hulle saambind. “Hulle almal soek liefde en ek haal my hoed af vir hulle dat hulle hul harte met ons deel,” sê sy.

Dames het tyd tot 25 Mei 2016 om vir die boer van hul keuse te skryf, en die nuwe seisoen sal vanaf Oktober op die kassie wees. “Wees van die eerste oomblik af net jouself,” is Minki se raad. “Almal anders is reeds gevat, en dan is daar geen verrassings wat later opduik nie.”

Volgens Minki moet die vroue se bedoeling daaragter “goed en opreg” wees.

Kyk hier onder na foto’s van Minki saam met die boere:

34 bsv minki arno

34 bsv minki corne

34 bsv minki erhard

34 bsv minki hennie

34 bsv minki johan

34 bsv minki johannes

34 bsv minki leon fritz

34 bsv minki pieter

34 bsv minki rob

34 bsv minki wessel