Mari Conradie, aanbieder Minki Joubert se stileerder, verklap ’n paar dinge oor wat agter die skerms gebeur:
“Om deel te wees van die Boer Soek ’n Vrou-span is iets wat álmal sal wil doen,” sê sy.
Mari is sowat sewe jaar reeds in die bedryf, en het ook al agter die skerms van ’n paar kykNET-flieks gewerk.
Op die stel van Boer Soek ’n Vrou leer sy ook die boere ken, en geniet dit om deel te wees van “iets wat in liefde kan ontaard.”
Oor Minki sê sy: “Sy is glad nie die stereotipe wat ’n mens sal dink ’n model, of gewese model, is nie.
“Sy is plat op die aarde – ek sukkel om haar uit haar All Stars te kry – en sy eet ’n burger soos wat niemand anders ’n burger kan eet nie.”
Wat is Mari se grimeerwenke vir kykers by die huis?
“Niemand moet sonder maskara, bietjie blosser en lip gloss” die huis verlaat nie.
Kyk die volledige video hier:
Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!
Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.
Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.