Logo

Boer Soek ’n Vrou: Geluk, nie misluk

Nuus
23 Desember 2016
Ons hoor wat Johannes ná die week se gebeure te sê het.
BSV 9 Ep10 Johannes

Waar die boere vandeesweek hul finale keuse bekend maak, het Johannes al in verlede week se episode sy alleentyd met Marga en Danielle gebruik om hulle te groet.

“Dink jy jy het van die begin af die regte keuses vir jouself gemaak?” wil Minki by die boer weet. “Ek voel ek het die regte keuses vir myself gemaak met die opsies wat vir my gegee is,” sê Johannes.

LEES: Boer Soek ’n Vrou: Tot hier en nie verder nie

“Ek voel nie dis ’n mislukking nie. Ek het iets probeer en dit het nie gewerk nie, so kom ek probeer nog ’n keer.

“Ek het hierdie week definitief geluk ervaar,” sê die boer. “As ek lag, is ek gelukkig.”

Hy vertel hy het die dames huis toe gestuur omdat hy nie gevoel het hy het in die proses iemand ontmoet saam met wie hy ’n langer pad kan stap nie. “Ek wil nie tyd mors nie. Ek wil aangaan met my lewe ook.”

Was die dames daar vir die regte redes? “Ek dink Danielle was hier vir die verkeerde redes en Marga vir die regte redes.”

Hy sê hy weet nie hoekom Danielle vir Boer Soek ’n Vrou ingeskryf het nie. “Sy is bietjie jonger,” sê hy, en het juis tydens hul alleentyd gesê sy moet aan haarself werk.

“Ek dink almal van ons is op ’n manier besig om onsself beter te leer ken, maar ek dink sy het nog méér uitfigure-werk wat voorlê vir haar.”

Hy meen die Boer Soek ’n Vrou-proses was ’n “goeie ondervinding”.



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.

Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.