Boer Soek ’n Vrou se Minki Joubert mág maar aanbiederskoene dra, meen kykers van dié gewilde reeks op sosiale media.
Almal het geweet dit kom – dié voormalige internasionale model is immers al in Januarie vanjaar as nuwe aanbieder aangewys, ná Nadia Beukes, aanbieder van die twee vorige seisoene van Boer Soek ’n Vrou, besluit het om voltyds as sepiester te werk. Maar sal Minki die mas opkom? Sy is dan skaars terug in Suid-Afrika vanuit Engeland en nog nie eers behoorlik tuis nie? het kykers tóé gewonder.
Toe Minki en haar man, Ernst Joubert, in 2010 verhuis het na St. Albans (net buite Londen), het hulle wel geweet dat hulle eendag sou terugkeer na Kaapstad.
Ernst het einde 2015 uitgetree as professionele rugbyspeler en die gesin is sedertdien terug in Suid-Afrika, waar hulle tans in Stellenbosch woon. Minki en Ernst is die trotse ouers van twee dogtertjies, Katerien (2) en Elise (16 maande).
Minki het einde 2015 op sosiale netwerke aangekondig: “Back on African soil”. Kort daarna het die vervaardiger van Boer soek ’n vrou, Elmarie Botha, haar gekontak om te hoor of sy sou belangstel om die program aan te bied. Sy was “skrikkerig” aan die begin, het Joubert vroeër vanjaar aan ons gesê.
Sy het ook gesê ’n werklikheids-TV-program is iets waaraan sy glad nie gewoond is nie, maar kykers wat op 20 Oktober 2016 vir die eerste episode van die nuwe seisoen ingeskakel het meen dié aanbieder is uitgeknip vir die Boer soek ’n vrou-wêreld.
“Sy het BAIE GROOT Nadia Beukes-skoene om vol te staan, maar (ek) glo sy sal met vlieënde vaandels slaag,” het Elmarie van Ryneveld op Boer soek ’n vrou se Facebook-blad gesê.
[caption id="attachment_246387" align="alignleft" width="600"] Foto: Stephanus Rabie (@faano1)[/caption]
Volgens Jennifer Schutte-Abeln het Minki haar “heeltemal verbaas”. Suzette Vosloo Lambrechts het hierop geantwoord: “Stem 110% saam met jou, Jennifer. Ek het haar verskriklik geniet.” Sy het Minki verder as “natuurlik” en “spontaan” beskryf.
Alba Joubert het gesê Minki is sover haar “gunsteling” en sy het “gedink ek gaan die minste van haar hou!”, waarop Minki geantwoord het: “Hahaha! Dankbaar x”.
“Sy is ’n plaasmeisie,” het Lynn Cornelius geskryf. “(Sy) doen alles saam met die boere en (ek) kan sommer sien sy is opreg!”
Alna Buchner het gesê: “Fantasties gedoen, Minki. Jy straal en ek hou nou nog meer van die program net omdat jy dit aanbied.”
Andeline Volschenk het gesê Minki is nie net pragtig nie, maar ook ’n wonderlike aanbieder: “Liewe land, jy is so natuurlik en plat op die grond sonder enige aansit dat dit voel ons kuier daar saam met jou. Lieflik!”
Chrizelle Coetzee Dawes meen sy wou nie van Minki (as aanbieder) hou nie, maar “nou was jy oulik en snaaks en spontaan en so gemaklik in jou vel en nou kan ek nie anders nie! Hierdie seisoen van Boer soek ’n vrou gaan awesome wees met Minki!”
Lorraine Verwey het gesê sy het by tye “omtrent gegiggel vir haar sêgoed” en veral Minki se opmerking oor “opregte koeie” geniet. Volgens Leilani Roets het sy ook “lekker saam met Minki gelag!”
Naomi Janetta Pienaar was ook “verbaas”, “nie dat ek dit nie verwag het nie, maar jy het 100% mooi gedoen.”
Sy het verder gesê: “Dankie vir die mooi sagte mens wat jy is.”
Kyk hier wat het Minki van haar ervaring op die boere se plase gedink.
Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!
Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.
Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.