Logo

Boer Soek ’n Vrou: Dié cliché tel

Nuus
04 November 2016
As aanbieder Minki Joubert nou op ’n eerste afspraak moes gaan, wat sou sy doen – of nié doen nie? Ons het gaan uitvind.

Die beeldskone Minki Joubert lyk foutloos op die kassie, maar meen sy sou beslis nie soveel grimering gedra het (soos wat sy nou op TV dra) na ’n afspraak nie. Sy sê hoewel ’n mens ongetwyfeld mooi wil lyk, jy tog soos jouself moet lyk en voorkom. “Dit moet nog steeds by jou persoonlikheid pas,” sê sy.

Hoe cliché dit ook al mag wees – Minki glo daarin om net jouself te wees, want daar is niemand soos jy nie.

Kyk die video:



Tel eerste indrukke? Van die dames wat die boere vandeesweek tydens die blitsafsprake ontmoet het meen wel hulle kon ’n goeie idee kry van die boere se persoonlikhede, en of hulle die manne beter sal wil leer ken. Vir die boere was dit soms moeilik om binne vyf minute ’n deeglike prentjie van iemand te skets, maar hulle het nogtans goed gevoel oor die vyf vroue wat hulle op die ou einde gevra het om te bly.

Kyk hier wat die boere en dames oor die blitsafsprake te sê gehad het.

Volgende week raak die besluite beslis nie makliker nie! Die boere gaan lekker uitspan saam met die vyf dames wat hulle gekies het, maar dan moet hulle besluit watter drie hulle saam plaas toe wil nooi.



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.