Logo

Bobby en Karlien open Pikanini Educare-dagsorgsentrum

Nuus
04 Mei 2016
Bobby en Karlien van Jaarsveld benodig jóú hulp om kinders in nood te help.
Bobby van Jaarsveld

Die Hanna Charity and Empowerment Foundation het op 3 Mei 2016 kragte saamgespan met Bobby en Karlien van Jaarsveld om die Pikanini Educare-dagsorgsentrum in Benoni te open

Dié spesiale dagsorgsentrum is gestig vir kinders uit minder bevoorregte families. Hier kry hulle die kans om opvoedkundig gestimuleer te word en word ook daagliks voorsien met ’n ete – heeltemal gratis!

Bobby en Karlien benodig egter jou hulp. Daarom moedig ons al ons kykers aan om ’n donasie aan dié spesiale dagsorgsentrum te maak.

Klein plastiese stoeltjies en tafeltjies, flietsies, klimrame, skryfbehoeftes, matrassies, eetgerei of speelgoed is maar net sommige van die items wat klein hartjies baie bly sal maak. “Maak ’n verskil en help ons om hulle te help,” sê Bobby.

Diegene wat bydrae wil lewer kan ’n e-pos aan [email protected] stuur.

34 karlien van jaarsveld