Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Bly te kenne – Die Spreeus

Nuus
13 Maart 2019
Ontmoet die ondersoekeenheid wat jou hare gaan laat rys.
Spreeus KARAKTERS

Foto: Gareth Wiese

Die Spreeus is ’n gespesialiseerde elite-ondersoekeenheid van die polisie wat misdaad met ’n bonatuurlike verbintenis ondersoek – van spoke tot wetenskaplik onverklaarbare fenomene. Hierdie ondersoekeenheid bestaan uit slegs twee persone naamlik kolonel Sebastian (Bas) Koorts en luitenant-kolonel Beatrice Mack. Dié twee polisiebeamptes werk onder die toesig en beskerming van brigadier Rosa Scheffers.

LEES OOK: KYKNET JAAG SPOKE IN APRIL

BAS KOORTS was eens 'n vlymskerp polisieman, maar agter sy gemoedelike persoonlikheid skuil 'n tragiese geheim. Wanneer hy teruggebring word om die Spreeus op die been te bring, word die verlede weer opgeroep. Ons sien flitse van sy briljante speurvermoë, sy wydbelesenheid en oorspronklike denke – maar ook ontstellende tekens van onverwerkte trauma.

BEATRICE MACK sluit na haar studies in die wetenskap aan by die polisie – tot haar pa se ontsteltenis. Sy is ‘n loner wat moeilik haar misnoeë met kansvatters en nonsens kan wegsteek. Soms is haar hardekwas houding presies wat nodig is om ‘n saak op te los, maar soms kom oorhaastigheid haar duur te staan. Sy verbaas egter almal, haarself inkluis, wanneer die Spreeus haar nuwe roeping word.

ROSA SCHEFFERS is 'n brigadier in die SAPD en die hoof van die Spreeus. As ‘n suksesvolle, geskeide vrou fokus sy veral op haar loopbaan, maar wanneer sy aan die begin van die reeks met 'n unieke genetiese toestand gediagnoseer word, begin sy anders dink oor die lewe en die dood. Sy is deurlopend in 'n stryd gewikkel om die bestaan van die Spreeus te regverdig. 

FOTO'S: DIT SPOOK IN APRIL

Met hul agtergronde in sielkunde en wetenskap probeer Sebastian en Beatrice telkens die spook, verskynsel of saak oplos en verklaar deur rasionele metodes. Soms is hulle suksesvol, ander kere nie. Elke week bring ’n nuwe raaisel wat die hare in jou nek sal laat rys.

Gasspelers:
Schalk Bezuidenhout
Lea Vivier
Ludwig Binge
Denise Newman
Jana Strydom
Albert Pretorius
De Klerk Oelofse
Rolanda Marais
Trix Vivier
Carel Nel
Neels van Jaarsveld
Tarryn Wyngaard
Deon Coetzee
Stian Bam
Kim Cloete
Nicole Fortuin
Christia Visser
Marvin Lee Beukes
Edwin van der Walt
Charlton George
Jacques Bessenger
Crystal Donna Roberts
Rehane Abrahams

Skakel in vanaf  3 Oktober in op kykNET&kie om 20:00 en deel jou kommentaar met ons op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk #DieSpreeus te gebruik.