Logo

Blitsliefde – Leah se dagboek

Nuus
01 November 2018
Hoe gemaak wanneer daar min tyd is om iemand te leer ken?
BSV-Blitsliefde-Banner

FOTO: Getty

Liewe Dagboek,

Ek en my man reël ook “blitsafsprake” – omdat ek so min tyd het! Wanneer ’n mens mekaar minder gereeld sien, is dit belangrik om sinvolle, ‘dieper’ vrae te vra, en om te gesels oor wat in mekaar se siele aangaan.

Dit kon nie vir die boere lekker gewees het om hul briefskrywers in so ’n kort tydjie te leer ken nie, maar ek dink tog dis moontlik om baie oor mekaar uit te vind (daardie bietjie tyd kán kwaliteit-tyd wees!).

Hulle was hierdie week bietjie op hul senuwees, maar dis net omdat hul harte op die regte plek is! Hulle wou graag die regte keuses maak, maar wou ook nie iemand seermaak nie.

Ek glo elke boer het die regte maats gekies – al het hulle net vyf minute met elkeen gehad.

As ék in hulle skoene was, sou ek spesifiek oor die persoon se toekoms uitgevra het: Waar sien jy jouself oor ’n jaar, of twee jaar? Ek sou ook wou weet wat is hul belangstellings en, baie belangrik, hoe hou hulle van hul steak?! Ek hou van hom medium rare – dis belangrik!

– Leah

Kwaliteit-tyd saam met manlief, Hennie: