Logo

Blitsige treffersukses vir Karen Zoid met nuwe seisoen

Nuus
12 Oktober 2016
Karen Zoid en Ard Matthews se weergawe van “What he means” was binne minute in die topvyf en was Dinsdagaand al teen 23:00 in die nommereen-posisie.

Die vierde seisoen van kykNET se gewilde geselsprogram Republiek van Zoid Afrika het Dinsdagaand begin. Karen Zoid se gaste was die akteurs Christo Davids en Armand Aucamp, asook die Just Jinjer-sanger Ard Matthews.

Soos in die vorige seisoene sluit Karen weer episodes met gewilde treffers af en in die eerste episode het sy en Ard “What he means” gesing. Hierdie weergawe is onmiddellik ná die episode in Apple se Suid-Afrikaanse iTunes-winkel beskikbaar gestel.



Kyk hier na van die blapse wat agter die skerms plaasgevind het tydens die verfilming van Republiek van Zoid Afrika.

“What he means” was binne minute in die topvyf en was Dinsdagaand al teen 23:00 in die nommereen-posisie.

Dit kan in die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel vir R9,99 gekoop word: http://apple.co/2d6mUoP

In volgende week se episode (18 Oktober) gesels Karen met die komediant Leon Schuster en grapmaker Nik Rabinowitz.

Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET uitgesaai.